Angsteuring kom meer algemeen voor as wat ’n mens sou dink. Dit raak tussen 16 en 23 persent van volwasse Suid-Afrikaners, volgens ’n ondersoek wat in die Suid-Afrikaanse Psigiatriejoernaal gepubliseer is.

Daar is verskillende soorte:

  1. Algemene angssteuring (bekommer baie, selfs oor klein dingetjies).
  2. Katastrofisering (maak ’n berg van ’n molshoop; verwag altyd die ergste in ’n situasie).
  3. Paniek (akute voorvalle van intense en skielike fisieke simptome soos hartkloppings, asemhalingsprobleme, bewerigheid, naarheid).
  4. Posttraumatiese stressteuring (terugflitse of nagmerries oor ’n trauma, lyf is hiperwaaksaam, vermy dinge wat jou aan die trauma herinner).
  5. Sosiale angstigheid (vrees optredes, om nuwe mense te ontmoet, voor ander te eet of drink).
  6. Eenvoudige fobie (soos vir slange, spinnekoppe en hoogtes).
  7. Obsessief-kompulsiewe steuring (soos die drang om dinge na te gaan of om te was).

’n Kenmerk van al die soorte angssteurings is dat lyers dit probeer vermy wat hulle bang maak.