Volgens ’n onlangse studie deur ’n span by die Noordwes-Universiteit in Chicago, Illinois, gaan dit nie net oor hoeveel slaap jy kry nie, maar ook oor hoe laat jy saans in die bed klim.

Die navorsers het ’n groep van 96 gesonde volwassenes bestudeer. Die deelnemers was tussen 18 en 50 jaar oud en het elk gereeld minstens 6½ uur per nag geslaap.

Lees ook: Hoeveel slaap is genoeg vir jou kind?

Polsmonitors het oor ’n tydperk van sewe dae tred gehou van hoe lank en hoe goed hulle slaap, asook hul van hul algehele kilojoule-inname, wat hulle ingeneem het en hul fisieke aktiwiteite. Die navorsers het bevind later inkruip het ’n negatiewe invloed gehad op die deelnemers se gesondheid, ongeag hoe lank hulle geslaap het.

Deelnemers wat laat bed toe is, het meer kitskos en minder groente geëet as die ander. Hulle het ook minder dikwels aan fisieke aktiwiteite deelgeneem.

Lees ook: Slaap verbeter jou geheue

Op die ou end het al die deelnemers ongeveer dieselfde hoeveelheid kilojoules ingeneem, maar die gehalte van die kilojoules wat die naguile ingeneem het, was baie swakker by dié wat saam met die hoenders gaan slaap het.

Volgens die hoofnavorser, dr. Kelly Glazer Baron, het “die resultate ons gehelp om beter te verstaan hoe tydsberekening en tydsduur die risiko vir vetsug kan beïnvloed. Weens swak eetgewoontes is die kans groter dat mense wat laat gaan slaap gewig sal aansit.”

Die studie is in die tydskrif Sleep gepubliseer.

© Cover Media