Dit blyk uit ’n ondersoek van meer as 13 000 mans en vroue in Engeland.

“Elke uur televisietyd per dag is verbind met ’n verhoogde gevaar vir alle kardiovaskulêre siektes. Dit was onafhanklik van geslag, ouderdom, opvoeding, rookgewoontes, drinkgewoontes, medikasie, diabetesgeskiedenis, familiegeskiedenis van kardiovaskulêre siektes en kanker, en liggaamsmassa- indeks,” lui die verslag.

Die ondersoek is in 2010 in die International Journal of Epidemiology gepubliseer.