Hy lyk soos ’n strokieskarater met bultende spiere wat onder die sweet in sy skrapse gimnasiumuitrusting glim.

Nee, Rich gebruik al steroïede vandat hy 18 jaar oud is en is nie skaam daaroor nie. “As jy die keuse het om steroïede te gebruik of nie, moet jy dit eerder nie doen nie,” sê hy in ’n video. “Daar is geen rede om dit te doen nie. Jy maak net jou liggaam en jouself seer. Maar as jy ’n beroepsliggaamsbouer wil word, raai wat? Jy gaan dit tien teen een moet doen. Jy het nie ’n keuse nie. Dit was die bootjie waarin ek was.”

Rich het vir die eerste keer met gewigte begin oefen toe hy 11 jaar oud was, toe hy saam met sy ma in die gimnasium gaan oefen. Sy was self ’n liggaamsbouer en het baie tyd daar deurgebring om vir kompetisies voor te berei.

Hy het aan sy eerste kompetisie deelgeneem toe hy 15 was, maar kon nie ’n plek op die podium behaal nie en het later besluit om steroïede te gebruik. Deesdae is hy so openlik daaroor, hy sal nie skroom om die skedules waarop hy steroïede gebruik, op die internet te plaas nie.

Intussen was hy al 7de en 11de in nasionale liggaamsboukompetisies en het verskeie ander titels, soos Mnr. Kalifornië, gewen.

Lees ook: Kuldae kan jou help om gewig te verloor, meen kenners “As jy in dié wêreld betrokke raak, is dit belangrik om dit verantwoordelik te doen,” sê Rich in nog ’n video. “Jy moet na jou lewer, niere en prostaat kyk.” Hy dring daarop aan hy weet wat hy doen en is 100 persent gesond. “Dit gaan oor volhoubaarheid; jy wil nie hê jou niere moet ingee nie. Ek wil dit doen (’n liggaamsbouer wees) tot ek 60, 70, 80, selfs 90 is.”

Steroïede in Suid-Afrika:

Die nadele van steroïede is baie ernstig sê Khalid Galant, hoof van die Instituut vir Dwelmvrye Sport Suid-Afrika.

“Mense moet gewoonlik ander middels neem om die nadelige effekte uit te skakel, soos slapeloosheid, aggressie en die ontwikkeling van manlike of vroulike karaktereienskappe afhangend van die hoeveelheid steroïede wat jy inneem en hoe jou liggaam saamgestel is.”

Steroïede wat wettig bekom word deur ’n voorskrif van ’n dokter, het ’n geldige plek om mediese toestande te behandel, sê Khalid. “Dit kan voorgeskryf word, maar nie vir kosmetiese doeleindes van gesonde mense nie.”

Hy sê in Suid-Afrika is steroïede wettig bekombaar en ook vrylik op die swartmark.

“Proteïen-aanvullers is in ’n paar voorvalle uitgelig as die sondebok in voorvalle van dwelmgebruik in sport. Die bekendste voorbeelde is dié van die rugbyspelers Chiliboy Ralepelle en Bjorn Basson wat positief getoets is vir die stimulant methylhexaneamine. Steroïede neig om van die aanvullers te kom wat die effekte “gesny”, “verbrand” en “anabolies” adverteer.

Bronne: Dailymail.com; YouTube.com; Fittish.deadspin.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag

Ontstoke ma skryf ope brief aan skoonma’s

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou