INTERESSANTE FEITE OOR JOU LIGGAAM EN WATER

  • Altesaam 75 persent van jou liggaam is water.
  • Detoks is belangrik wanneer jy dieet en water is belangrik vir die detoksifikasieproses. Dit los afvalstowwe op en vervoer dit na jou niere, van waar dit deur jou urine uitgeskei word, verduidelik Andrea Jenkins, ’n voedingsterapeut van Kaapstad.
  • Drink ’n glas water 30 minute voor ete, want dit sal jou minder honger laat voel en jou kilojoule-inname verlaag. Maar moenie water drink terwyl jy eet nie, want dit verdun die ensieme in jou maag wat die kos moet afbreek.
  • Water los minerale en voedingstowwe op sodat jou liggaam dit kan absorbeer, sê Lisa Raleigh, ’n leefstyl- en gesondheidskenner.
  • Drink koue water; jou liggaam gebruik energie om dit dan warmer te maak.
  • Twee liter water kan jou metabolisme met 30 persent verhoog, sê Lisa. As jy genoeg water drink, voel jy versadig en eet jy minder, wat beteken jy verloor gewig.
  • Eet kos met ’n hoë waterinhoud, soos sop, slaai en vrugte, beveel Lisa aan. Dit bevat minder kilojoules.
  • Selluliet word veroorsaak deur die opbou van gifstowwe weens onderaktiewe limfkliere. Water stimuleer die limfkliere en help so om gifstowwe te verwyder en selluliet te voorkom en verminder.
  • Wanneer jy dors voel, is jou liggaam klaar effens ontwater.
  • Jy kan tot vyf dae sonder water oorleef.
  • Die meeste kraanwater is net so gesond as gebottelde water, en laasgenoemde is baie keer net
  • gefiltreerde kraanwater. Plastiekbottels laat estrogeen in die water vry, sê Andrea; daarom is dit beter om jou eie bottel van glas of vlekvrye staal te gebruik.

HOEVEEL WATER IS GENOEG?

  • Agt glase water per dag is die ideaal vir die deursneemens, meen Andrea.
  • Lisa meen jy moet een glas (250 ml) water per 10 kg liggaamsgewig drink.
  • As jy meer spesifiek wil wees, kan jy die volgende formule gebruik om uit te werk hoeveel liter water jy per dag moet drink:

    - Mans: Gewig (kg) x 0,023 = liter water

    - Vroue: Gewig (kg) x 0,020 = liter water

  • Vir elke kafeïendrankie of glas alkohol wat jy drink, moet jy drie ekstra glase water drink, sê Andrea.

DIE WAARDE VAN WATER

  • Verlig die las op die niere en lewer deur afvalprodukte weg te spoel.
  • Bevogtig weefsel van die mond, oë en neus.
  • Reguleer liggaamstemperatuur.
  • Beskerm organe en weefsel.
  • Hou gewrigte soepel.
  • Voorkom hardlywigheid.
  • Los voedingstowwe op en stel dit aan die liggaam beskikbaar.
  • Vervoer voedingstowwe en suurstof na selle.

AS JY OEFEN…

  • Drink ’n paar uur voor jou oefensessie twee glase water ekstra.
  • Drink nog ’n glas ’n halfuur voor jy begin oefen.
  • Drink ’n glas water vir elke kwartier wat jy oefen.
  • Weeg jouself voor en direk ná ’n oefensessie om te bepaal hoeveel water jy ná die tyd moet
  • aanvul, sê Lisa. Drink ’n halwe liter water vir elke halwe kilogram wat jy verloor het.