Dit word natuurlik van pampoenpitte vervaardig, wat gepers word om die olie te verkry. Maar wat van die voordele? Dit is ryk aan vitamien A en E, omega 3 en 6, sink en antioksidante.

Dit is taamlik goed vir jou vel. Sink handhaaf kollageenvlakke wat jou vel jonk hou; dit help ook teen besoedelingstowwe en UV-strale beskerm. Vitamien A herstel velskade en vetsure handhaaf vogvlakke, terwyl die olie ook haargroei kan stimuleer.

Wat innerlike gesondheid betref, is die olie ook ’n wenner. Die pitte bevat fitosterole, wat slegte cholesterol beveg; dit hou ook die blaas en urienweg gesond. Dit bevat ook L-triptofaan, wat help teen depressie. Die sink hou ook bene gesond.

Dit is natuurlik alles wonderlik, maar hoe kry jy dit in? Min mense is seker lus om liters olie af te sluk, maar dis nie ’n probleem nie; daar is makliker maniere om jou dosis in te kry.

As jy die olie vir sy velsorgvoordele wil gebruik, kan jy dit in ’n bevogtiger aanwend. Kyk vir produkte wat dit as bestanddeel gebruik. Serums, lyfwas en bevogtigers is almal beskikbaar, asook aanvullings vir dié wat dit vit hul hare wil gebruik.

Wat kos betref, kan jy die olie as deel van ’n slaaisous of marinade gebruik. Dit het ’n heerlike neut-geur, maar verloor sy voedingswaarde sodra dit verhit word.

© Cover Media