Die drink van te veel suikerdrankies kan selfs die kans verhoog dat jong mense wat nie oorgewig is nie later in hul lewe tipe 2-diabetes en kardiovaskulêre probleme (soos hartsiektes of beroerte) kry.

Dit blyk uit nuwe navorsing deur die Telethon Institute for Child Health Research in Perth. Altesaam 1 400 tieners tussen die ouderdom van 14 en 17 is vir die navorsing ondersoek.

In ’n verwante studie is bevind sowat 55 persent van alle soet koeldrank word by die huis gedrink en dat gesinne met ’n lae inkomste die meeste sulke koeldrank drink en dus ’n groter risiko vir vetsug het.

Die bevindings dui ook daarop dat ouers ’n belangrike rol speel in die monitering van hoeveel suikerdrankies kinders

drink.