Dis ’n stokou raat en deesdae ’n fantastiese skoonheidsmiddel! Hier is vyf nuttige, gesonde gebruike vir appelasyn:

1. Dit is goed vir jou vel. Appelasyn is wonderlik vir die behandeling van aknee, dit herstel die vel se natuurlike pH en dit help met ’n skoner gelaat.

2. Dis ’n teenvoeter vir sonbrand. Gooi 1 k (250 ml) appelasyn in jou badwater, ontspan 10 min. lank daarin en soen die sonbrand sommer gou-gou weg!

3. Dit gee jou hare volume en glans. Meng ’n ½ t (2 ml) appelasyn met 1 k (250 ml) water. Smeer dit dan nadat jy sjampoe opgesit het aan jou hare en spoel dan af.

4. Dit laat jou hare groei. Appelasyn stimuleer haargroei en help ook met skilfers en ’n jeukerig kopvel.

5. Gee jouself ’n pedikuur. Plaas jou voete in ’n bak vol warmwater met ’n bietjie appelasyn in. Dit gaan jou voete dadelik gesond, skoon en sag laat voel.

-        Saamgestel deur Janine Nel

Bronne: seventeen.com, totallyher.com