Wetenskaplikes voer aan ’n aktiewe sekslewe kan mense oor 50 demensie help beveg.

Navorsing deur die Universiteit van Coventry in die Verenigde Koninkryk (VK) het getoon danksy die vrystelling hormone geniet mense oor 50 beter kognitiewe werking as hulle gereeld seks het.

Die studie, wat in die tydskrif Age and Ageing gepubliseer is, dui daarop dat die vrystelling van onder meer oksitosien en dopamien die leerproses en geheue bevorder.

“Die bevindings het implikasies vir die bevordering van seksberading as deel van gesondheidsorg; die voortsetting van ’n gesonde sekslewe kan kognitiewe werking en welstand help verbeter,” lui die studie.

Meer as 6 800 mense tussen 50 en 89 jaar oud is uitgevra oor hul liefdeslewe en daarna het hulle ’n reeks kognitiewe toetse voltooi.

Lees ook: Minder oefening ‘lei tot kleiner brein’

Deelnemers het onder meer na ’n lys van 10 woorde geluister en is onmiddellik daarna en weer vyf minute later gevra om dit te herhaal.

Mense is ook gevra om die verlore syfer te noem in ’n reeks getalle.

Mans wat seksueel aktief was, het gemiddeld 23 persent beter gevaar in die woordtoetse en 3 persent beter in die syferprobleme, terwyl vroue wat gereeld seksueel verkeer het, verbeterings van onderskeidelik 14 persent en 2 persent aangeteken het.

“Alle liggaamsdele het oefening nodig om fiks te bly, en, aangesien seks so baie verandering in die brein aanwakker, sal dit onvermydelik help om die brein soepel te hou,” het MailOnline die psigo-seksraadgewer Pauline Brown aangehaal.

Lees ook: Nooit meer in die bui nie? Dis dalk hoekom . . .

“Veroudering kan liggaamlike hindernisse veroorsaak, maar hierdie resultate wys jou net hoe belangrik dit is dat paartjies hierdie deel van hul verhouding sterk en gesond hou. Seks speel ’n sleutelrol in die betekenis van jou menswees, of jy nou ’n jong volwassene is of reeds op ’n gevorderde ouderdom is. Boonop laat dit mense goed voel, dus moedig dit hulle aan om die lewe meer positief te benader, om meer geneig wees om reg te eet en aan ander gesonde aktiwiteite soos Pilates of dans deel te neem."

In die VK is demensie by ongeveer 850 000 mense gediagnoseer. In vorige studies is bevind vitamiene B6 en E, groentee en dans verlaag almal die risiko vir siektes.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Lily-mynramp: ‘Daar is nog hoop’

Vir Altyd laat die liefdesvure by die loket brand

Al kry hy nie Grammy nie, maak SA gospelsanger landgenote trots in VSA

Al die Grammy-wenners vir 2016