HULLE noem dit die stille moordenaar, want cholesterol bou op sonder dat jy dit agterkom. As jy nie soos Sidney Ntantiso (40) en Heidi Flack (41) ’n toets laat doen nie, sal jy nooit weet iets is fout nie, tot die ergste gebeur en jy dalk ’n hartaanval of beroerte kry.

Oefening en ’n gesonde gewig is nie genoeg nie. “Ek oefen gereeld, ek is nie oorgewig nie en ons eet taamlik gesond by die huis,” sê Heidi, ’n skraal ma van twee. “Daarom kon ek nie glo toe ek sien my cholesterolvlak is oor die gesonde limiet (5,0 mmol/L) nie.”

Heidi oefen byna elke dag van die week: Twee dae per week woon sy ’n boksklas by die gim by en drie keer per week doen sy hartoefeninge, soos draf of fietsry. Hulle het ook ’n tuisgim met gewigte, ’n trapmasjien en ’n hardloopmasjien.

Maar sy sê Flora se cholesteroluitdaging het gemaak dat hulle ’n paar veranderinge moes aanbring aan hul eetgewoontes. “Ek maak nou ’n punt daarvan om ontbyt te eet, terwyl ek voorheen maklik ’n ete oorgeslaan het. Ek koop kitshawermoutpap en ons almal eet nou soggens ’n bakkie daarvan.”

Sy sê sy dink deesdae ook twee keer voor sy sjokolade eet. “Voorheen sou ek nie omgegee het om sommer ’n blokkie of twee te eet nie. Nou probeer ek iets gesonders in die plek daarvan eet, soos ’n vrug.”

Heidi het ook begin maaskaas koop pleks van harde kaas, en sy eet graag slaai vir middagete.

“Ek het getwyfel of my cholesterolvlak met die tweede toets regtig laer sou wees, want my eerste toets was net effens te hoog. Maar ek was aangenaam verras; dit was af tot 4,5 mmol/L.”

[caption id="attachment_69120" align="aligncenter" width="300"]Annie Swarts het die uitdaging saam met Heidi aangepak. Cholesterol VOOR: Heidi 5,3, Annie 5,6 NA Heidi 4,5, Annie 4,4 Annie Swarts het die uitdaging saam met Heidi
aangepak. Cholesterol VOOR: Heidi 5,3, Annie 5,6
NA Heidi 4,5, Annie 4,4[/caption] Heidi se huishulp, Annie Swarts (43), het ook saam met die gesin begin reg eet, want al is sy nes Heidi klein en skraal, het haar eerste toets gewys haar cholesterolvlak was 5,6 mmol/L. Dit is te hoog. Annie sê sy haal nou die vel van haar hoender af en eet gereeld Flora pro.activ. Sy stap soggens ’n deel van die pad werk toe en speel naweke netbal saam met mense in haar gemeen­skap. Nes Heidi het al Annie se klein aanpassings ’n groot verskil gemaak; die tweede toets het gewys haar cholesterolvlak het gedaal tot 4,4 mmol/L. “Ek het gedink ek kan niks daaraan doen nie, maar begin toe Flora pro.activ eet en minder vleis-vet. Ek was baie bly toe ek sien dit het gehelp.”

TIPIESE DAG IN HEIDI EN GESIN SE DIEET Ontbyt: Kitshawermoutpap Middagete: Slaai met botterskorsie, gekookte eier, fetakaas en sade. Peuselhappies: Amandels of vrugte Aandete: Pasta met pestosous

HEIDI SE BOTTERSKORSIE-EN-FETA-SLAAI

  • Slaaiblare
  • Kersietamaties
  • Komkommer
  • Fetakaas
  • ’n Hand vol pampoensade
  • Gekookte of gestoomde botterskorsie, verkoel
  • Een gekookte eier per persoon of gerookte forel of hoenderborsies

Meng die blare, tamaties, komkommer, kaas, sade en botterskorsie en pak die proteïen van jou keuse (eier, forel of hoender) bo-op. Sit voor met ’n sous met balsemieke asyn as basis.

Fikse polisieman en die cholesterolstryd

[caption id="attachment_69139" align="aligncenter" width="600"]Sidney se cholesterol:  VOOR 7,4, NA 4,5. Sidney se cholesterol: VOOR 7,4, NA 4,5.[/caption]

Sers. Sidney Ntantiso (40) van Villiersdorp se Suid-Afrikaanse Polisiediens was nog altyd fiks. Nie net is hy ’n polisieman nie; hy is ook ’n boksafrigter. “Ek dink dit was die Desembervakansie se braaivleis wat my cholesterolvlak so ’n bietjie opgestoot het,” sê hy spottend. “My vrou maak gewoonlik seker ek eet nie te veel nie, maar Desember was sy by haar familie in die Oos-Kaap.”

Maar nou het die werkjaar weer begin en Sidney het tot sy verbasing besef hy is nie so gesond soos hy gedink het nie. “Ek was geskok. Ek het gedink cholesterol is ’n familieding, en ons het nie cholesterol in ons familie nie.”

Sy vrou, Fezeka (34), het veral geskrik. Sy het nie self ’n toets laat doen nie, maar toe sy hoor hoe hoog Sidney se cholesterolvlak is, het sy dadelik veranderinge in die huis begin maak. “Ons het drie dogters; ek wil hê hy moet gesond wees vir hulle,” sê sy. Nou haal sy die vel en vet van hul vleis af wanneer hy smiddae by die huis kom middagete eet, en sy gebruik Flora pro.activ op alles, selfs op die rys en groente. Die gesin eet nou meer groente, vermy koeldrank met suiker in, drink meer water en probeer rooivleis vermy – iets wat vir Sidney baie moeilik is, want hy sê dit is een van sy guns-telingkosse. Sidney het ook sy oefenprogram aangepas: “Smiddae wys ek nou nie meer net vir die seuns wat om te doen nie; ek boks saam met hulle.” Daarna draf hy 10 km deur die dorp. Saans eet die gesin klein.

SO LYK ’N TIPIESE DAG IN SIDNEY SE DIEET

Ontbyt: Ontbytvlokkies met laevetmelk (geen suiker), twee snye bruinbrood met Flora pro.activ en ’n gekookte eier Middagete: Hoenderborsies met groente en rys en Flora pro.activ oor die rys en groente Aandete: Vrugte, ’n klein porsie vleis, mieliepap en groente Peuselhappies: Vrugte en baie water SO MAAK SIDNEY

  • Hou aan oefen.
  • Eet meer Flora pro.activ.
  • Vermy vetterige kos.
  • Eet meer groente en vrugte.
  • Drink meer water.
  • Eet ’n behoorlike ontbyt.