Dis doeltreffend teen kanker, maar die meeste medikasie het ’n giftige uitwerking op die liggaam en lei tot probleme soos haarverlies, siekte en gedurige moegheid en swakheid. Mettertyd sal dié newe-effekte weggaan, maar daar is bevind dat oefening die herstel sal aanhelp. Navorsers van die Kankerinstituut in Nederland het ontdek dat vroue met borskanker wat oefen terwyl hulle chemoterapie-behandeling ontvang, minder pyn voel, meer energie het en minder siek is.

Mettertyd sal dié newe-effekte weggaan, maar daar is bevind dat oefening die herstel sal aanhelp.

Nederlandse wetenskaplikes het gekyk na 230 borskankerpasiënte, en hulle in drie groepe verdeel. Die eerste het matige intensiteit aërobiese en kragoefening gedoen onder leiding van ’n fisioterapeut, terwyl die tweede groep tuis lig geoefen het onder toesig van ’n verpleegster of verpleegpraktisyn. Die laaste groep het nie geoefen nie.

Die vroue wat geoefen het, het berig dat hulle minder moegheid, pyn en naarheid tydens ’n chemoterapie-sessie ervaar het, en die vroue met die matige oefenplan het die meeste voordele ervaar. Dié resultate beteken dat chemoterapie meer voltooi kan word omdat sommige pasiënte nie hul behandeling kan klaarmaak nie weens die ernstige newe-effekte en hulle hoër dosisse moet kry by die afsprake wat hulle wel bywoon.

Dié bevindings is in die Journal of Clinical Oncology gepubliseer. Die navorser Neil Aaronson wys daarop die resultate is baie duidelik.

“In die verlede is pasiënte wat chemoterapie ontvang het, aangeraai om rustig te wees. Maar eintlik is dit beter vir hulle om so aktief moontlik te wees,” het hy verduidelik. “Ons studie bewys dat selfs lae-intensiteitoefening die newe-effekte van chemoterapie kan teëwerk. ’n Klein bietjie oefening is reeds voordelig in vergelyking met iemand wat onaktief is, en dit is goeie nuus vir dié wat nie lus het om gim toe te gaan nie.”

Hoewel dit goeie nuus is vir kankerlyers wat chemo moet kry, het Neil beklemtoon dat oefening nog nie in verband gebring is met die sukses van die algehele behandeling nie.

“Dit beteken nie noodwendig die uitkoms van hul behandeling sal beter wees nie,” het hy bygevoeg. “Nog navorsing is nodig oor die verhouding tussen die presiese chemoterapiedosis, en die langtermyn-oorlewing en kans dat die kanker sal terugkeer.”

© Cover Media