Die navorsers het gevind dit kan by sommige vroue selfs depressie, tranerigheid, angs en aggressie veroorsaak.

Wetenskaplikes het 230 seksueel aktiewe vroue tussen 18 en 55 jaar ondervra om hul teorie te steun. Dit het aan die lig gekom dat 46 persent van die vroue ten minste een keer in hul lewe hartseer gevoel het ná seks. Een uit 20 het dit verskeie kere die vorige vier weke ondervind.

’n Mens kan aanvaar dat hoë vlakke van intimiteit met die seksmaat die simptome sou verminder, maar daar is geen verband gevind tussen intimiteit en die gevoel van hartseer ná seks nie.

Die hoofskrywer, dr. Robert Schweitzer, van die Universiteit van Tegnologie in Queensland, Australië, verduidelik: “Die bevindings bou voort op ons vorige navorsing, waar die wederkerige korrelasie van seksuele funksionering by vroue ondersoek word.

“Die resultate van ons oorspronklike navorsing op hierdie gebied is nou in ’n internasionale studie bevestig waaraan verskillende nasies meegedoen het. Dit het gehandel oor negatiewe post-koïtale emosies, wat blykbaar ontwikkelingsfunksies/evolusionêre funksies het.”

Gedurende vorige navorsing, waartydens tweelinge gebruik is, is getoon gene kan ’n rol speel in die voorkoms van negatiewe emosies ná seks. Die vroue kon moontlik ook in die verlede seksueel misbruik gewees het.

“Daar steek waarheid in die gedagte dat vroue met ’n geskiedenis van misbruik meer geneig kan wees om verhoudings aan te gaan waar hulle nie altyd in beheer voel nie, of dat hulle nie seker is oor wat hulle wil hê/nodig het nie, en hulle kan moontlik geneig wees tot teësin,” het die navorsers gesê.

’n Ander groep vroue, wat die simptome meer intens ervaar, kan dié wees wat ná die seksdaad voel of hulle van hul maats “skei” en dit lei tot negatiewe emosies.

© Cover Media