’n Groep wetenskaplikes van die McGovern-instituut aan die Instituut vir Tegnologie in Massachusetts het breinbeeldvorming gebruik in ’n poging om die siekte te identifiseer wat volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sowat 350 miljoen mense van alle ouderdomme raak.

Twee groepe kinders was by die navorsing betrokke: een kontrolegroep met ’n lae risiko en ’n ander een met ’n hoë risiko aangesien depressie ’n kwaal in hul familie is.

Die breine van albei groepe is geskandeer om die netwerk paadjies te karteer. Navorsers het aantekeninge gemaak van enige verskille in aktiwiteit wat sou kon dui op ’n groter moontlikheid dat depressie by hulle gediagnoseer word.

Lees ook: Band tussen tegnologie en depressie gevind

“Die antwoord is dat daar baie groot verskille is,” het John Gabrieli, professor in brein- en kognitiewe wetenskappe by die instituut, verduidelik.

“Ons het opvallende verskille opgemerk in ’n aantal kringlope, wat dié insluit wat in depressie verander, dié wat betrokke is by gevoelens, en ander gedeeltes wat by die dinkprosesse betrokke is.

Bykomend tot hierdie verskille is raakgesien dat die verskille so groot is van kind tot kind dat ons baie na daaraan is om uit die breinskandering self noukeurig te bepaal of die kind ’n risiko gaan loop of nie.”

Die navorsers beoog om die kinders in die toekoms op te volg en te kyk wat die uiteinde van hul voorspellings is, veral by die hoërisikogroep. Veranderings in breinfunksies sal deurgaans aangeteken word.

Lees ook: Kan vis die risiko vir depressie verlaag?

Die sleutel is om hulle dinge te help verwerk voor hulle aan depressie begin ly en voorkomende behandeling te bied, het John onthul. Hopelik sal ’n beter begrip van die manier waarop die siekte die brein affekteer, bydra tot beter steun.

“Ons wil dus kinders wat werklik risikogevalle is, vroegtydig identifiseer en hulle help voor hulle sukkel, en ons wil uitvind wat ‘anders’ is by die ander groep, want dit kan ons ’n aanduiding gee van die soort hulp wat ons aan die kinders kan verleen wat nie in daardie groep is nie,” het hy gesê.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com

105-jarige ‘Ouma Wit’ verklap geheim van haar lang lewe

Pa deel foto van babadogter se toon om te waarsku teen gevaarlike toestand

Dogter ontmoet haar ma ná 82 jaar

Hoekom is daar ’n gaatjie bo-aan my Bic-pen se doppie?