Navorsingstukke beweer die rede hiervoor is die polifenole wat daarin voorkom. Dit is voedingstowwe wat die liggaam beskerm en help om degeneratiewe siektes te voorkom.

Die navorsingstudie is deur ’n span van die departement van landbou in die VSA gedoen. Die 56 mense wat by die studie betrokke was, is in twee groepe verdeel. Albei groepe het dieselfde gesonde dieet gevolg, maar bosbessiesap is elke dag aan een groep gegee. Hulle het net meer as 350 ml gekry, terwyl die ander groep ’n plasebo gekry het.

Elke deelnemer se bloeddruk en suikervlak is aan die begin en weer ná agt weke gemeet. Uitslae by dié wat die sap gedrink het, het verbeter - hul risiko op beroerte was 15 persent laer en op hartsiektes 10 persent laer.

Die navorsing het getoon polifenole is uiters doeltreffend om die liggaam te help om siektes te beveg.

Die verbindings word in appels, bloubessies, druiwe, sjokolade, olywe en suiwer olyfolie gevind, maar bosbessies bevat die meeste daarvan.

© Cover Media