Sy is een van die bekendste vroue in die land en sy het duidelik ’n hart van goud. Sue Duminy is nie net passievol oor diere nie, sy gooi nou ook haar gewig agter ’n nuwe passie: Borsmelkskenking. Die beeldskone vrou van die Proteas-krieketspeler JP Duminy, wat in Augustus verlede jaar vir die eerste keer ma geword het, gooi deesdae haar gewig agter Milk Matters, 'n organisasie sonder winsoogmerk wat borsmelkskenking aanmoedig.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Sue is deel van ’n rits sterre, waaronder die Hollywood-aktrise Alicia Silverstone (39) en die Dharma & Greg-ster Jenna Elfman (44), wat borsmelkskenking aanmoedig.

Lees ook: Borsvoeding sorg vir hoër IK Milk Matters vier vandeesweek van 1 tot 7 Maart Borsmelkskenkingsweek. Wanneer ma’s te siek is of om een of ander rede nie vir hul vroeggebore babas kan sorg nie, is borsmelkskenking ’n veilige opsie, sê dié organisasie. Die organisasie is in Kaapstad - dieselfde stad waar die Duminy-paartjie met hul skattige ses maande oue dogter, Isabella, woon.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Sue (31) het toe Bella reg deur die nag begin slaap het ontdek sy het ekstra borsmelk wat net rondstaan. Dis toe dat sy haar borsmelk aan dié organisasie begin skenk het. Sy moedig ook gereeld borsmelkskenking aan op sosiale media. ‘‘Dit kan ’n babatjie se lewe red,’’ vertel sy vir ons.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Lees ook: Juweliersware van borsmelk die nuwe inding

Die borsmelk word gepasteuriseer voor dit vir vroeggebore babas in staats- en privaathospitale in die Wes-Kaap gestuur word. Vir dié babas, wat almal minder as 1,5kg weeg, is skenkingsmelk ’n reddingslyn. Net 50ml borsmelk kan ’n baba van minder as 1kg vir 24 uur voed.

Milk Matters voer gemiddeld 67 babas per maand met borsmelk wat van skenkers af kom. Dié skenkings is veral vir staatshospitale.

Bel Milk Matters by 021 659 5599 / 082 895 8004 of stuur 'n e-pos aan info@milkmatters.org vir meer inligting.

- Lara Atson

Lees ook op Huisgenoot.com:

‘Verpletterde’ Carl maak hart oop oor Oscar se appèl-uitslag

‘Ons wil die beste in die wêreld wees’ – sê Stormers-kaptein oor sy span se Superrugby-kanse

Hierdie vrou is verskriklik fiks – en boonop 36 weke swanger!

Munisipale verkiesing 2016: Registreer so dié naweek