Vorige studies het wel die skakel aangedui, maar die kundiges kon nog nie duidelik bepaal waarom oorgewig vroue meer vatbaar is vir die siekte nie.

’n Span internasionale navorsers glo nou hul bevindings kan meer lig werp op die verwantskap.

Navorsers van die Universiteit van Miami in Amerika en die Hospitaalsentrum van die Universiteit van Granada het bevind vet rondom ’n gewas laat die uitbreiding en binnedringing van kankerstamselle toe wat verantwoordelik is vir die begin en groei van die gewas.

Lees ook: So kan ’n hoëvetdieet jou gesondheid skaad

Hulle het ook beweer vetsugverwante vet veroorsaak lokale inflammasie en verhoed dat adiposiete, die selle wat daardie vet vorm, volwassenheid bereik.

Kankerstamselle word in klein hoeveelhede in gewasse gevind en is verantwoordelik vir die metastase of verspreiding na liggaamsdele wat ver van die oorspronklike gewas is.

Konvensionele chemoterapiebehandelings en radioterapie kan nie hierdie selle uitskakel nie.

Volgens die navorsers is dit algemeen dat baie kankerpasiënte ’n terugslag ondervind ná die eerste respons op die behandeling.

Hulle waarsku dus teen die uiters ernstige gevolge van die vetsug-epidemie ten opsigte van siekte- en sterftesyfers as gevolg van kanker.

Lees ook: Vrou praat oor jarelange gewigstryd en hoe sy eindelik 40 kg verloor het – ‘ek sou net eet en eet en eet’

Daar word trouens geskat tot 20 persent van huidige kankerverwante sterftes kan aan vetsug toegeskryf word.

Die navorsers het bygevoeg vroue wat aan vetsug ly, het ’n groter risiko om borskanker te kry nadat hulle deur menopouse gegaan het.

Die siekte groei ook baie vinniger in daardie vroue – ongeag hul ouderdom.

Die navorsers erken egter dat die juiste meganismes waarlangs vetsug bydra tot die ontwikkeling en groei van kanker, nog nie heeltemal duidelik is nie.

Die bevindings is vir die eerste keer in die tydskrif Cancer Research gepubliseer.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

47-jarige Tereza Troskie-Herbst maak laatlam se geslag aan Huisgenoot bekend

Vrou doen haar voor as terminaal siek om kankerbehandeling te kry

Pa en seun in teenstropery-operasie deur veldwagters doodgeskiet

‘Ek is moeg, ek wil nie meer so lyk nie,’ vertel mismoedige Worcester-man met aardige groeisel aan sy nek

Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite