Sir Muir Gray, die voormalige kennishoof van die Britse nasionale gesondheidsdiens, deel ’n paar wenke oor hoe jy jou lyf viets kan hou. En jy sal verbaas wees hoe maklik dit is om te volg.

Hy sê die spysverteringstelsel raak nie noodwendig weens veroudering vatbaarder vir probleme soos hardlywigheid en prikkelbaredermsindroom (PDS) nie; dis weens te min vesel, wat ’n invloed het op die spiere in die ingewande.

“Die oplossing is dan eenvoudig: eet meer vesel – oplosbaar en onoplosbaar. Die oplosbare veselbronne is onder meer hawermout, neute, sade, bone, lensies en die meeste vrugte,” het hy aan die Daily Mail gesê. “Onoplosbare vesel kom voor in koringsemels, die meeste groentes, en volgrane, soos gars, bulgurkoring, manna, bruinrys, rog, hawer en volgraan.”

Muir sê as jy steeds aan PDS ly nadat jy hierdie veranderinge aangebring het, is dit dalk die uitwerking van gluten. Hy stel voor jy beproef ’n glutenvrye dieet nadat jy jou opsies met ’n dokter bespreek het. Wat die longe betref, verwys hy na die prestasies van ouer mense, soos ’n 71-jarige man wat ’n nuwe wêreldrekord opgestel het deur 25 myl binne 54 minute en 21 sekondes met ’n fiets af te lê. Dit is ’n duidelike aanduiding dat jy op jou oudag goeie longwerking kan hê as jy jou oppas – en dit kan op eenvoudige maniere bereik word.

Aktief bly sal ook jou bene help onderhou – asook genoeg suiwelprodukte propvol kalsium in jou dieet.

Muir verduidelik ons longe kan in ons kinderjare skade ly weens mense wat om ons rook, soos ons ouers, en in ons volwasse jare weens ons eie gewoontes. Dit sal jou lewenslank raak as jy aanhou rook, maar selfs al hou jy op 70 op, kan dit ’n groot invloed hê.

As jy ophou rook, sal jou risiko vir longkanker nie jaar ná jaar verhoog nie, maar stabiel bly. Jou risiko vir hartsiekte sal ook drasties afneem en jou longe kan op 80-jarige leeftyd in ’n soortgelyke toestand wees as wat dit sou gewees het as jy nooit gerook het nie.

Hoe gesonder jou longe is, hoe meer suurstof kry jou liggaam en hoe makliker sal dit wees om oefening te doen. Jy sal agterkom jy kan meer doen sonder dat jy uitasem raak.

Oor jou gewrigte sê Muir die volgende: Kraakbeen verdun mettertyd en party mense ly meer as ander. Dit lyk dalk na ’n goeie idee om oefening te vermy om jou gewrigte in ’n goeie toestand te hou, maar dit is nie die oplossing nie. Muir noop mense om aan te hou oefen om die spiere om hul gewrigte sterk te hou en die veselagtige weefsel in hul ligamente en tendons elasties.

Aktief bly sal ook jou bene help onderhou – asook genoeg suiwelprodukte propvol kalsium in jou dieet.

© Cover Media