Probeer hierdie eenvoudige wenke sodat jy komkommerkoel bly en nie ontplof nie:

-         Wag en dink oor wat gebeur het.

-         Haal ’n paar keer diep asem om jou vinnige hartklop te kalmeer.

-         Dink hoe jy die beste rasioneel kan reageer.

-         Reageer so kalm moontlik.

-         Laat die persoon op jou reageer.

Nog raad om kalm te bly:

-         Bring tyd in die natuur deur.

-         Oefen. Beweging beïnvloed emosie; laat jou liggaam beweeg en verander jou kwade gedagtes.

-         Luister na ’n nuwe lysie liedjies of leer ken ’n nuwe soort musiek.

Woede, wrokkigheid en ongeduld kan ons maklik uitput. Moenie jou tyd en energie vermors aan woede en wrokkigheid nie; besef liewer jy kan jou emosies beheer en wend jou energie opbouend aan.

Jy is in beheer van jou emosies; nie andersom nie.

-Megan Bursey