In Suid-Afrika sal een uit ses mans en een uit sewe vroue in hul lewe kanker kry, volgens die

Kankervereniging van Suid-Afrika.

Een van die redes vir die snelle ontwikkeling van kanker is ons verhoogde blootstelling aan faktore wat kanker veroorsaak, veral dié wat ons gene direk beskadig. Hulle sluit in: tabakrook, motoruitlaatgasse, nywerheidsbesoedeling, voedsel- en landbouchemikalieë, verbrande, verbruinde of gebraaide kosse, oormatige sonblootstelling, bestraling en alkohol.

’n Dekade lange ondersoek van duisende bejaardes in Europa het getoon hoe hoër die vlak van betakaroteen is, hoë laer is die algehele sterfterisiko, veral aan kanker.

Die eet van die ekwivalent van ’n wortel per dag het die kankerrisiko met ’n derde verminder. Die antioksidant vitamien C verdien ook\ spesiale vermelding, want keer op keer word bewys dat ’n hoë inname daarvan jou risiko vir kanker en ander siektes soos diabetes en hartsiekte verminder.

Uit ’n dieet-oogpunt is die eenvoudigste manier om al die antioksidante in te kry ’n veelkleurige dieet en kos met ’n hoë suurstofradikaal- absorberingsvermoë (SRAV ). Die lys onder toon die SRAV ’s van 20 verskillende kosse wat jy maklik by jou daaglikse dieet kan insluit. Kies elke dag minstens drie van hulle.

Kosse met die beste SRAV -telling en die voorgestelde porsiegrootte

1/3 t fynkaneel

½ t droë origanum

½ t fyn borrie

1 opgehoopte teelepel mosterd

’n halwe peer, pomelo of pruim

50 ml bloubessies

½ k swartaalbessies, swartbessies, frambose of aarbeie

½ k kersies

’n lemoen of appel

7 okkerneuthelftes

8 pekanneuthelftes

¼ k pistasieneute

½ k gaar lensies

2 stukke donkersjokolade (70 persent kakaovastestowwe)

1 k gaar nierbone

1/3 middelslag-avo- kado

½ k gekapte rooikool

2 k broccoli

8 aspersies

150 ml (1/3 middelslagglas) rooiwyn