Bipolêr. Die woord bring gedagtes na vore vir diegene wat nie daaraan ly nie van emosies en ’n donker gemoed.

Bipolêre steuring is soveel meer, skryf Herman le Roux van Pretoria, administrateur van die aanlyn steungroep Bipolar(s) for Bipolar en self iemand wat met die steuring saamleef.

Lees ook: Huisgenoot-joernalis skryf hoe dit voel om konstant op die wipplank van bipolêre steuring te ry

“Dié wat daaraan ly, soos ek, sal boeke kan skryf oor hoe dit ons elke dag raak: van ons opstaan tot ons gaan slaap, van ons werk tot ons rus.”

Vandag is Wêreld-bipolêredag.

Ek is nou 43. My eie pad met bipolêre steuring het 27 jaar gelede begin. Ek was niks minder as ’n kind nie. Ek het goed gevaar op skool en wou graag ’n dokter word. Maar dit was my nie bestem nie.

Binne die bestek van ’n paar weke het ek verander van iemand wat geleef het tot iemand wat skaars kon funksioneer. Binne die bestek van drie jaar het ek twee baie ernstige selfdoodpogings gehad, en was daarom maande in ’n hospitaal.

Lees ook: Selfhelpwenke vir stres

Major depressie is by my gediagnoseer. Vir die volgende 20 jaar het ek verander van iemand wat goed gefunksioneer het tot iemand wat dwelms en alkohol misbruik het.

Om dit alles af te rond, het ek tot 25 koppies koffie per dag gedrink en 60 sigarette gerook. Die enigste rede waarom ek dit gedoen het, was om op ’n manier ’n manier te kry om met my lewe voort te gaan, om net ’n bietjie beter te voel.

Dit was eers teen die ouderdom van 30 dat my diagnose na bipolêre steuring verander is ná my eerste maniese episode. Depressie het my in iemand verander wat ure lank na die muur staar en manie het my na psigose en nog ’n klomp hospitaalbesoeke geneem.

Toe het alles verander. Ek het besluit om met my siekte saam te leef. Ek gaan weer hoop in my lewe hê. Oor die volgende vyf jaar het ek ophou dwelms en alkohol gebruik, ophou koffie drink en ophou rook.

Ongeveer ses jaar gelede het ek en ’n vriendin ’n aanlyn steungroep begin. Ons het net vyf lede gehad. Die steungroep het gegroei tot die grootse van sy soort op Facebook en het vandag 28 000 lede. Ons het saam na antwoorde gesoek. Die antwoorde was nie eenvoudig nie, maar dit was doenbaar.

Nou, al is dit hoe moeilik, soek ek skoonheid in elke dag, ek soek vertroosting in diere, ek leef my uit in plante, musiek en ná al die jare van smag daarna gaan ek eindelik my skoolloopbaan voltooi.

Die een ding wat meer in my lewe vir my beteken as enigiets anders is my hondjie, Seun. Hy is al 15 jaar saam met my en ek glo nie enige dokter of medikasie het al vir my meer genesing gebring as hy nie.

Lees ook: Een uit vyf Suid-Afrikaanse tieners probeer selfdood pleeg. Let op hierdie waarskuwingstekens:

Ek het nog ’n ver pad om te stap. Ek het die lewe gekies. Nadat ek volgende jaar my skoolloopbaan voltooi, hoop ek om regte te gaan studeer.

As daar een ding is wat ek wil hê mense moet van bipolêre gemoedsteuring verstaan, is dit dat ons ook mense is met drome en hoop, dat ons ook kan gelukkig wees; ons moet net ’n kans gegun word.

* Kontak Herman H. le Roux by Facebook of die manganese Facebookblad Bipolar(s) supporting Bipolars. Jy kan ook na hul webtuiste gaan.

* Vir nog inligting en verwysing na kundiges en ander steungroepe, besoek  Sadag of bel 011-234-4837.

* Bel die Geestesgesondheid-inligtingsentrum by 021-938-9229 of stuur e-pos na mhic@sun.ac.za.

SO LYK BIPOLÊRE STEURING

Twee duidelik onderskeibare soorte bestaan.

Bipolêre steuring 1 word gekenmerk deur maniese of gemengde episodes van manie en depressie gelyk, afgewissel met depressie.

Maniese buie duur minstens ’n week. Lyers slaap min en is geweldig energiek. Hul selfbeeld is buitensporig goed. Hulle verlustig hulle roekeloos in plesiere wat pynlike nagevolge kan hê, soos seks, inkopietogte en dobbel.

Bipolêre steuring 2 behels minstens een hipomaniese bui en een episode van diep depressie, wat elk dae, weke of selfs maande kan duur. Hipomanie is makker as manie en minder ontwrigtend vir die lyer se daaglikse lewe. So iemand sal vol idees en geesdrif rondhardloop, en dan weer depressiewe buie beleef.

Hulle het ’n intense gevoel van hartseer, verloor belangstelling in aktiwiteite wat hulle voorheen geniet het en sukkel om te konsentreer of te onthou. Maande kan verloop sonder enige simptome, maar lyers moet in hierdie tyd met hul medikasie volhou.

– Saamgestel deur Pieter van Zyl

Ook op Huisgenoot.com

Selfdoodneigings: waarskuwingstekens

Jou kind en bipolêre steuring

Vyf maniere om jou bui te verbeter

Leer ken angssteurings