Dinsdag, 1 November, beteken vir mans net een ding – dit is tyd vir Movember! Dit is die enigste maand waar mans regoor die wêreld ’n snor mag laat groei vir ’n hele maand lank en daarmee kan wegkom by vroulief.

A photo posted by Dogumented (@dogumented) on

Dit is immers vir ’n goeie doel!

So manne, sit gerus die skeermes en knipper van 1 November af neer, en laat daardie snorbaarde vrylik groei. Movember is in 2003 in Melbourne, Australië as 'n geldinsamelingsprojek begin deur ’n groep van dertig vriende wat bewusmaking wou skep vir mans wat gediagnoseer is met prostaatkanker. Vandag, 13 jaar later, neem lande van oor die wêreld heen aan hierdie beweging deel. Manne wat voorheen skoon geskeer was, word skielik orals gesien met snorre van alle afmetings.

Movember is ’n samestelling van die Engelse woord “moustache” en November. Dit staan ook as “No Shave November” bekend. Hierdie veldtog poog om die publiek wêreldwyd bewus te maak van manlike gesondheidsprobleme.
Gedurende Movember is gewone mans dapper genoeg om hul bolip te laat toegroei en só geld in te samel vir nie-winsgewende organisasies wat onder meer prostaatkanker, testikulêre kanker en ook depressie beveg.

Verlede jaar het meer as vyf miljoen mense van onder meer lande soos Suid-Afrika, Duitsland, Hong Kong en die Verenigde Nasies aan Movember deelgeneem.

KLIK HIER om deel te neem aan hierdie beweging en jou snor te laat tel. Vier baie belangrike reëls wanneer jy deelneem aan Movember. 1. Begin op 1 November met ’n skoongeskeerde gesig. 2. Jy moet vir die hele maand lank jou snor laat groei sonder om dit enigsins te laat knip of te skeer. 3. Geen baarde nie! Slegs snorre. 4. Jou snor mag ook nie groei oor jou ken of langs jou wangbene nie. Snorre mag slegs op jou bo-lip groei.

Vyf feite oor snorre om jou bietjie te inspireer om deel te neem.

1. Daar is tussen 10 000 en 20 000 hare op ’n man se gesig. Die gemiddelde snor bestaan uit 600 hare.

2. Die gemiddelde maand oue snor kan tot 30 ml vloeistof of 10% van ’n vol glas hou tot waar die vloeistof by die persoon se mond afdrup.

3. Albert Einstein het vir meer as 50 jaar sy snor sorgvuldig gekweek.

4. Die gemiddelde man vat tot 760 keer per dag aan sy snor.

5. In sommige lande is dit onwettig vir ’n man met ’n snor om ’n vrou te soen.

Bronne: mirror.co.uk; uk.movember.com