Of jy verkies om die vlesige groen vrug (jip, dit is ’n vrug, nie ’n groentesoort nie!) saam met kreef en garnale in ’n heerlike slaai te eet, of dit graag opsny met hoender vir ’n toebroodjie, is een ding seker: Avokado’s gee enige ete skop – en nie net oor sy helder kleur nie. Watter ander kossoort kan help met gewigsverlies en is goed vir jou vel en kardiovaskulêre gesondheid?

Gewigsverlies

Dit is algemeen bekend dat avokado’s goeie vette bevat. Dit is propvol versadigde vetsure, wat die liggaam gebruik as energie wat stadig verbrand word, pleks dat dit as liggaamsvet gebêre word; daarom is avokado ’n goeie toevoeging tot enige maaltyd. Jy sal langer vol voel nadat jy een geëet het en dit is bekend daarvoor dat dit hongerpyne en eetlus verminder.

Voordelig vir die vel

Die versadigde vette verrig ook wondere vir jou vel – dit hou die vel vogtig sodat dit sag en gesond voorkom. Die omega-9-vette in die vrug kan ook rooiheid en irritasie verminder. ’n Tuisgemaakte avo-gesigsmaker kan ook droë vel beveg. Maak ’n halwe ryp avokado fyn, voeg ’n kwart koppie heuning by en hou 10 minute aan jou gesig. Spoel af en geniet jou nuwe pragtige gelaat.

Hartgesondheid

Daar is al in navorsing bevind dat die monoversadigde vette gevaarlike laedensiteit-lipoproteïen cholesterol verminder en die voordeliger hoëdensiteit-lipoproteïen cholesterol ’n hupstoot gee. Die vrug is propvol vitamien E, folaat en fitosterole – alles voedingstowwe wat hartgesondheid bevorder. ’n Dieet wat ryk is aan avokado kan ook die simptome van artritis en diabetes verlig.

© Cover Media