Wetenskaplikes het bevind dat wanneer aspirien met immunoterapie gekombineer word, die aspirien die molekuul onderdruk wat gewasse in staat stel om die liggaam se immuniteitstelsel aan te val. Immunoterapie gebruik medisyne om die liggaam aan te spoor om kankeragtige selle aan te val.

Volgens laboratoriumtoetse genereer vel-, bors- en ingewandskankerselle die molekuul prostaglandiene E2 (PGE2)in groot hoeveelhede. Maar dit kom voor asof die pynstiller en ander Cox-inhibeerders (’n vorm van anti-inflammatoriese medisyne) die molekuul onderdruk. Dit bemoeilik sake vir die gewasse om die liggaam se verdedigingsmeganismes te ontwyk.

’n Kombinasie van immunoterapie en aspirien is op muise getoets en dit het die groei van ingewands-, sowel as kwaadaardige velkanker, “beduidend” verlangsaam.

"Ons het bygedra tot die groeiende bewyse dat sommige kankersoorte PGE2 produseer as ’n manier om die immuunstelsel te ontduik,” het professor Caetano Reis e Sousa, spanleier by die Francis Crick-inistituut in Londen, gesê.

"As jy dit kan regkry om die kankerselle se vermoë om PGE2 te vervaardig te verwyder, lig jy hierdie beskermende versperring doeltreffend en dan stel jy die volle krag van die immuunstelsel vry.

"As die pasiënte Cox-inhibeerders, soos aspirien, tesame met met immunoterapie kry, kan dit ’n yslike verskil maak aan die voordeel wat hulle uit die behandeling trek .”

Hy voeg by dat die navorsing nog in ’n vroeë stadium is, maar dit kan “lewensveranderende resultate” aan kankerpasiënte verskaf.

Die studie is op muise uitgevoer, dus sal dit nog ’n rukkie duur voordat die samestelling van medisyne op mense getoets kan word.

Die navorsing is befonds deur Kankernavorsing VK.

© Cover Media