So onvermydelik soos ’n somerverkoue, is dié wat allerlei boererate deel oor hoe om jou loopneus en waterige oë te verlig.

Kenners raai aan dat jy alkohol vermy omdat dit jou imuunsisteem aftakel en jou liggaam dehidreer, berig The Huffington Post.

Kook eerder vars gemmer totdat die water geel word en drink dit dan soos tee, voeg heuning en suurlemoen by as jy dit so verkies.

Gemmerwortel het anti-inflammatoriese eienskappe en die Chinese gebruik dit al vir duisende jare om die simptome van verkoues te behandel.

Klik hier om meer te lees.