Navorsers aan die Universiteit van Pennsilvanië se mediese skool het ondersoek ingestel om vas te stel of geldelike aansporings oorgewig- of vetsugtige volwassenes meer aktief kan maak.

As deel van ’n nuwe studie het 821 deelnemers elk die doelwit gekry om 7 000 treë per dag te stap tydens ’n studietydperk van 26 weke.

Volwassenes in Amerika stap gemiddeld 5 000 treë per dag.

Die deelnemers is in die eerste 13 weke in vier groepe verdeel. Een groep het geen aansporing gekry nie, terwyl die “kry”-groep sowat R21,50 gekry het vir elke dag dat die doel bereik is – of sowat R650 per maand.

Daar was ook ’n “lotery”-kategorie waar mense ingeskryf is vir ’n daaglikse trekking met gemiddeld R21,50 as prys.

Laastens was daar ’n verlies-aansporingsgroep waar die deelnemers elke maand met R650 begin het, en die navorsers het R21,50 afgetrek vir elke dag dat die mikpunt nie bereik is nie.

Lees ook: Begroot só wanneer jy noustrop trek

In die laaste 13 weke van die studie het deelnemers terugvoer gekry oor hul vordering, maar daar is geen geldelike aansporings aangebied nie.

Deelnemers se vordering is nagegaan deur middel van ’n app op hul slimfoon.

Resultate van die eerste helfte van die studie het getoon dat ’n daaglikse beloning of lotery geensins doeltreffender was as geen beloning nie.

Deelnemers in daardie groepe het die doelwit net sowat ’n derde van die tyd bereik.

Diegene wat gevaar geloop het om die beloning te verloor wat hulle reeds gekry het, het die doelwit amper die helfte van die tyd bereik.

Dit was gelyk aan ’n verhoging van sowat 50 persent bo die kontrolegroep.

Lees ook: Hoe om te verseker jou testament sê presies wat jy wil hê dit moet sê

Dr. Kevin Volpp, senior skrywer van die studiestuk, glo die bevindings toon die moontlikheid om ’n beloning te verloor dien as baie sterk motivering.

Die skrywers het opgemerk dat 96 persent van die deelnemers steeds aktief ingeskryf was by die studie, selfs drie maande nadat die aansporings opgehou het, en dit kan belangrike gevolge inhou vir die rol van slimfone in die ontplooiing van hierdie programme op ’n groter skaal.

“Ons bevindings wys hoe draagbare toestelle en apps ’n rol kan speel in die motivering van mense om meer aktief te wees, maar wat werklik die verskil maak, is hoe jy die aansporingstrategie ten opsigte van hierdie apps ontwerp,” was dr. David Asch se mening.

Die skrywers het bygevoeg dat toekomstige studies moontlik die doeltreffendheid van die aansporings kan vergelyk wanneer hulle gekombineer word met ander aansporings wat staatmaak op groepsteun en verantwoordbaarheid.

Die bevindings is in die Annals of Internal Medicine gepubliseer.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ontmoet Modder en Bloed se karakters: Patrick Connolly as Finn Kelly

K2-tweeling se foto’s gebruik vir aanlyn leuens

Wil jy die versoeking weerstaan? Plaas dan bederfies naby die minder dominante hand

Byna helfte van SA is opgaarders – is jy een?