Die persoonlike afrigter Tshitso Lepheana deel sy vyf gunsteling-apps.

1. PTontheMove

Afrigters gebruik gereeld PTontheMove, want dit gee jou vinnig toegang tot oefenhulpmiddels sonder dat jy ’n potlood en papier nodig kry. Dit bied ’n verskeidenheid oefenprogramme en wys jou hoe ’n mens die oefening reg doen. Boonop is dit geskik vir almal. Die app is beskikbaar vir Apple.

Koste: Gratis.

2. Daily Ab Workout

Dié app verskaf daagliks 10 maagspieroefeninge vir mans en vroue en is vir Android- en Apple-toestelle beskikbaar. Daily Ab Workout is veral geskik vir mense wat altyd aan die gang is, want dit leer jou verskillende maagoefeninge wat jy enige tyd, enige plek kan doen.

Koste: Gratis.

3. MyPlate

MyPlate is die Amerikaanse departement van landbou se voedingsriglyne. Voer jou ouderdom, geslag en hoe aktief jy is in sodat jy kan sien wat spesifiek vir jou aanbeveel word vir ’n gesonde, gebalanseerde dieet. Dis beskikbaar vir Android- en Apple-toestelle. Dié app is een van my gunstelinge. Dit hou tred van jou kalorieë- en kilojoule-inname en help jou beheer wat jy eet sodat jy ’n algehele gesonde lewe kan lei.

Koste: Gratis.

4. Fitness Buddy

Fitness Buddy stel oefenprogramme voor en bly op die hoogte van jou vordering sodat jy kan gemotiveerd kan bly om jou fiksheidsdoelwitte te behaal. Dis beskikbaar vir Android- en Apple-toestelle. Ek beveel dié app aan omdat dit wys presies watter liggaamsdele of spiere jy oefen wanneer jy ’n bepaalde oefening doen.

Koste: R18,27

5. FitID

Dié allesomvattende app hou tred van jou etes, oefenroetine en vordering, wys jou gewilde diëte en oefenprogramme, laat jou jou fiksheid op Facebook, Twitter en met die fitID-gemeenskap deel en help jou vasstel hoe regte mense fiks word. Dis beskikbaar vir Android- en Apple-toestelle. Die beste ding van hierdie app? Dit wys of jou fiksheidsvlakke verbeter of agteruitgaan.

Koste: Gratis.

trainerTshitso Lepheana