Nog ’n dag, nog ’n wenk oor verslanking – hierdie keer wil dit lyk of amandels die antwoord is op die gebede oor gewigsverlies.

Baie mense wil van ’n paar kilogramme ontslae raak, maar dit kan moeilik wees om met ’n dieet vol te hou as die gange in die supermark jou met heerlike bederfies lok.

Jy kan wel elke dag sommige happies vir ’n handjievol amandels verruil.

’n Span navorsers van die Universiteit van Florida in Amerika het die uitwerking van sade op diëte bestudeer.

Hulle het data gebruik van 28 ouerpare en hul kinders, waar die ma’s en pa’s drie weke lank elke dag 400 g amandels geëet het.

Lees ook: Ses redes waarom jy meer groentee behoort te drink

Die kinders het 14,2 g amandels of amandelbotter gekry.

Voor die eksperiment is Amerika se standaardmaatstaf gebruik om te bepaal hoe gesond hulle eet.

Tellings onder 51 dui op ’n swak dieet, 51 tot 80 beteken dinge kan deur ’n paar veranderings verbeter word, terwyl meer as 80 van ’n gesonde voedselinname getuig.

Aanvanklik was die gemiddelde telling van die volwassenes 53,7, wat in albei rigtings met 1,8 gewissel het. Die kinders het ook by 53,7 begin, met ’n verandering van 2,6 in albei rigtings.

Nadat amandels by hul dieet gevoeg is, het die resultate dramaties verander.

Lees ook: Gestresde pa’s ‘dra risiko vir diabetes oor aan nasate’

Die ouers se telling het tot 61,4 gestyg (met ’n wisseling van 1,4) en die kinders s’n tot 61,4 geklim (plus of minus 2,2).

Almal het meer proteïen ingekry – iets wat ’n mens langer versadig laat voel – en die getal “leë kilojoules” (dié wat geen smaak of voedingstowwe verskaf nie) in hul dieet het afgeneem.

“Jy leer kleintyd jou eetgewoontes aan. As ’n ouer dus amandels of ’n verskeidenheid gesonde happies by ’n kind se dieet kan insluit, is die kans groter dat hy of sy later self gesonde happies sal verkies,” verduidelik Alyssa Burns, die skrywer.

Die kinders het wel verveeld geraak met amandels en wou ’n groter verskeidenheid happies hê.

Jy kan die amandels dan by pap of op toebroodjies sit, of in die kombuis met iets kreatiewers vorendag kom.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: E-sigaret ontplof soos vuurwerk in man se broeksak

Eina! Rokers, drinkers trek swaar onder Jan Taks

Verkeerspolisie ry doelbewus rondloperhond dood sodat ‘dit nie ly nie’

Seer knieë? Probeer botoks