“Mondsere is gewoonlik ontsteek. Dit kan wit, rooi, geel of grys wees en irriterend wanneer jy eet, drink of jou tande borsel, maar is gewoonlik skadeloos,” sê Tim Verhaege, velsorgkenner by Herpatch Ulcer Gel.

“Mondsere kom algemeen voor, veral by vroue en jong volwassenes. Sommige mense kry dit herhalend. Trouens, na raming kry een uit vyf mense in Brittanje herhalend mondsere. Ons stel voor jy raadpleeg jou huisdokter as dit met jou gebeur.”

Mondsere kom in drie kategorieë voor. Die kleintjies laat geen merk nie en word binne twee weke gesond as dit nie behandel word nie. Dit is die algemeenste soort en driekwart van alle sere is klein.

Groot sere is ongeveer 1 cm groter, dit het ’n verhewe rand en kan tussen twee weke en verskeie maande duur voor dit gesond word. Dit is dikwels baie pynlik en kan merke laat. Ongeveer tien persent van mondsere is groot sere.

Dan is daar die herpesagtige seer wat piepklein is, maar uiters pynlik, en soms smelt ’n klomp daarvan saam om ’n groter seer te vorm. Dit bly gewoonlik tussen ’n week en twee maande. Ten spyte van die naam is dit nie aan die herpes-virus verwant nie en dit is uiters skaars.

Die algemeenste soort, die kleintjies, word dikwels veroorsaak deur alledaagse goed soos wanneer ’n mens die binnekant van jou wang raak byt, geesdriftige tandeborselsessies, tandheelkundige werk, angs en stres.

Om dit hok te slaan kan jy spesiale jelsoorte oor die toonbank koop. Borsel jou tande versigtig, vermy voedsel wat baie speserye en surigheid bevat en verlaag jou stresvlakke waar moontlik.

© Cover Media