’n Onlangse studie het bevind dat antihistamiene die simptome van prikkelbaredermsindroom (PDS) kan verlig.

Tussen 10 en 15 persent van die bevolking ly aan prikkelbaredermsindroom, en die simptome sluit pynlike maagkrampe in.

Daar is lankal gistinge rakende ’n verband tussen allergiemedikasie en verligting vir PDS-lyers, en die bevindings van 'n onlangse studie blyk daardie verband te bevestig.

Navorsers van KU Leuven in België het gevind dat die antihistamien ebastine, wat dikwels in hooikoorsmedisyne gebruik word, kan die uitwerking van histamien wat in die derms van PBS-lyers vrygestel word en hipersensitiwiteit in die derms veroorsaak, teenwerk.

Mense wat aan die siekte ly, ondervind ’n hoër gewaarwording van pyn – wat vergelyk kan word met die gevoel van 'n vel wat sonbrand opgedoen het en dan aan warm water blootgestel word.

Tot op hede kon wetenskaplikes nog nie daarin slaag om die oorsaak van hierdie hipersensitiwiteit op te spoor nie. Die nuwe studie het egter nou die skakel tussen histamien en die pynreseptor, bekend as TRPV1, gevind.

Navorsers het ebastine gebruik om die reseptor te blokkeer, en daarna kon hulle die sensitiewe uitwerking van histamien blokkeer en sodoende die persepsie van pyn by PDS-lyers verminder.

Die kliniese loodsstudie het vir 12 weke ebastine op pasiënte gebruik en die resultate het getoon dat dié wat die medisyne geneem het “beduidend minder” buikpyn gehad het as die kontrolegroep.

Wetenskaplikes hoop nou om ’n ander studie van stapel te stuur, om uit te vind in watter mate ebastine 200 PBS-pasiënte gaan affekteer.

Die resultate van die studie is in die tydskrif Gastroenterology gepubliseer.

© Cover Media

Lees ook:

Moet hare waai? SA bekendes sê of hulle dink lyfhare aan mans moet bly of gly

Vroue raak moontlik kort ná miskraam weer swanger