Die gewigsverlieskenner dr. Sally Norton het MailOnline vertel watter kosse jy in jou mandjie moet sit wanneer jy weer winkels toe gaan, en hoekom. Kersies: Daar is bewys dat kersies volop antioksidante bevat. Dit beteken dit beveg ontsteking, wat die gehalte van jou slaap verbeter en herstel aanhelp as jy gereeld oefen. Navorsers beweer dit kan help met newe-effekte soos spiere wat kramp en swak ledemate. Die lekkerste manier om kersies te geniet is met ’n skeppie gewone jogurt; daarom is dit die perfekte gesonde versnapering, of jy nou rondskarrel en of jy in die kantoor sit.

Daar is bewys dat kersies volop antioksidante bevat.

Avokado: Baie mense vermy avokado’s weens die hoë vetinhoud. Maar die groot hoeveelheid mono-onversadigde vette maak dit ’n goeie bestanddeel om te help met die verlaging van slegte cholesterol, wat beteken dat die risiko vir hartaanvalle en beroertes verminder.

In ’n onlangse studie word beweer ’n dieet wat ’n matige hoeveelheid vet bevat en een avokado per dag insluit, kan slegte cholesterol verminder, meer as wat ’n laevet- of matigevet-dieet sonder avokado’s. Gebruik dit in slaaie of sit ’n paar snye op ’n toebroodjie saam met ham.

Bloubessies: Dis propvol antioksidante, vitamiene en minerale wat beteken dit hou reuse voordele in. Dit kan help met hartgesondheid, kankervermyding, die versterking van breinfunksie en die verbetering van sig. Voeg dit soggens by jou pap of meng dit in jou vrugteslaai om al die voordele te kry.

Bosbessies: Dis nog ’n voordelige bessie, wat ook hartgesondheid kan verbeter, sekere kankers kan voorkom, en ontsteking kan help bestry. Dit word al jare lank vir die behandeling van urinewegontsteking gebruik. Die voordelige bestanddeel van bosbessies is polifenol. Dit het onder meer antioksidant-, teenontstekings- en antimikrobiese eienskappe. Maar hou matigheid voor oë met dié rooi bessies omdat die vrugte- en sapvariëteite baie suiker bevat.

© Cover Media