Veral by vroue kan veroudering gepaard gaan met gevoelens van angs en vrees.

Dit is dalk nie wat jy wil hoor nie, maar niks kan die verouderingsproses stuit nie. Jy sal ouer raak, wat jy ook al doen; daarom is dit tyd om iets te probeer wat heeltemal natuurlik en eintlik taamlik wonderlik is. Lees verder om uit te vind hoe om die stres te laat vaar en die werklikheid te aanvaar.

Minder bekommernisse

Jou lewe as jong mens kan vol uitdagende besluite wees. Moet jy universiteit toe gaan? Watter loopbaan wil jy volg? Wil jy trou en kinders hê? Maar teen 50 sal die meeste van hierdie bekommernisse iets van die verlede wees, en ’n groot deel van jou besluite reeds geneem.

Sterker verhoudings

Die speletjies vroeg in jou romantiese lewe sal vervang word met sorgsame, liefdevolle verhoudings. Jy sal rustiger wees en respek en vertroue sal makliker opgespoor kan word.

Voorkoms is nie alles nie

In jou jonger jare was jy waarskynlik obsessief oor jou voorkoms en of jy mooi is. Met ouderdom kom die besef dat jou innerlike skoonheid belangriker is as wat jy ooit besef het.

Selfvertroue

Jou selfvertroue oor of jy die regte besluite neem, sal groei namate jy ouer word. Trukennis en vorige ervarings sal jou bemagtig en jou sekerder van jouself maak. Die angs raak minder en jy sal jouself aanvaar.

Leef in die oomblik

In jou jonger jare wou jy waarskynlik alles op een slag doen en waarskynlik was jy nie so rustig nie. Soos wat jy ouer raak, sal jy besef hoe belangrik dit is om net te ontspan en te dink. Jy sal meer dinge raaksien en gewilliger wees om die skoonheid om jou raak te sien. Bewustheid van jou eie sterflikheid hoef ook nie neerdrukkend te wees nie: Dalk word jy nou dapperder en meer bereid om risiko’s te loop, want jy besef dit is die hier en nou wat tel.

© Cover Media