1. As jy ’n eier op die vloer laat val, sal jy dit makliker kan opvee as jy baie sout daaroor strooi.
  2. ’n Groot eier bevat net 70 kalorieë en 5 g vet.
  3. Eiers is ’n volmaakte bron van proteïen en bevat al die noodsaaklike aminosure om liggaamsweefsel te bou en herstel.
  4. ’n Deursnee-hen lê tussen 300 en 325 eiers per jaar.
  5. Soos ’n hen ouer raak, raak haar eiers groter.
  6. Jy kan ’n eier tol om te bepaal of dit rou of gekook is. As dit wankel, is dit rou, en as die maklik tol, is dit gekook.
  7. Eiers is ’n goeie bron van luteïen en seaxantien, wat ooggesondheid bevorder.
  8. Vars eiers kan sowat ’n maand lank in die koelkas hou. Gekookte eiers kan ’n week hou.
  9. Een mens eet jaarliks sowat 250 eiers.
  10. As ’n eier oorkook is, kan dit die gehalte van die proteïen beïnvloed en van die vitamiene vernietig. Veral die B-vitamiene kan in die slag bly omdat dit hitte nie goed hanteer nie.
  11. ’n Dowwe eierwit is ’n teken van varsheid, nie ouderdom nie: Die dofheid is te danke aan die hoë koolstofdioksied-inhoud wanneer die eier gelê is.
  12. ’n Vars eier gaan in water sink en ’n ou een gaan dryf.
  13. Eiers bevat 11 verskillende vitamiene en minerale.
  14. Danksy die verskeidenheid voedingstowwe in eiers is dit ’n ideale toevoeging tot die dieet van ouer volwassenes.
  15. ’n Hen het sowat ’n dag en ’n half nodig om ’n eier te vervaardig.