1. Leer ken jou vyand sodat jy hom beter kan beveg
  2. Drank laat die vetjies aanpak, want dit bevat baie suiker en kilojoules. Daarby toon ondersoeke alkohol laat jou honger voel omdat dit die hormone beïnvloed wat versadigheid reguleer. Gevolglik eet jy ook meer terwyl jy drink en die oggend ná ’n fuifsessie.
  3. ’n Eenvoudige maatbandtoets kan aandui of jou maag te groot is, volgens die Amerikaanse departement van gesondheid. Vou ’n maatband net bokant jou heupbene om jou maag. Mans met ’n middelomtrek van meer as 101,6 cm en vroue met ’n middelomtrek van meer as 88,9 cm het moont- lik ’n skadelike hoeveelheid maagvet.
  4. Het jy al opgelet meer mans as vroue het ’n boepens? Dit is omdat ons hormone verskil. Mans berg oortollige vet eerste om hul maag. Vroue jonger as 40 berg gewoonlik vet aan hul heupe, bobene en boude. Ná 40, namate hul estrogeenvlak daal, word vet na hul maag herversprei.
  5. Selfs maer mense kan “vet” wees. Party maer mense met ’n genetiese geneigdheid om vet om hul organe te berg kan hoër cholesterol- en bloedsuikervlakke hê. ’n Onaktiewe leefstyl kan die toestand vererger.
  6. Namate hulle ouer word, sit die deursnee- mens sowat 1 g ekstra liggaamsvet per dag aan. Dit is gelyk aan 365 g ekstra liggaamsvet per jaar.
  7. Een van die redes waarom ons na 30 begin gewig aansit, is omdat ons minder aktief is. Dit versnel spierverlies, wat weer tot ’n traer metabolisme lei.
  8. Ons het almal sowat 50 biljoen vetselle. Elke vetsel kan tot 10 keer sy oorspronklike grootte uitswel. Vet is die kalorierykste voedingstof wat ons kan eet. Vet bevat 38 kJ/g en proteïen en koolhidrate sowat 17 kJ/g elk.
  9. Dit werk nie om ’n deel van jou lyf  te oefen met die hoop om daar spiere te kry as jy nie eers vet verloor nie. Byvoorbeeld: Maagoefening sal jou nie ’n sespak gee as jy vet om jou maag het nie. Algehele gewigsverlies deur kardiovaskulêre oefening en kragoefening sal jou wel die verlangde resultate help behaal.
  10. Vet is biologies aktief. Oormatige ingewandsvetselle (die ongesondste soort vet wat om jou organe geberg word) stel inflammatoriese verbindings en hormone vry wat jou risiko vir insulienweerstandigheid, hoë bloeddruk, tipe 2-diabetes, hartsiektes, demensie en kanker kan verhoog.