Pleks dat jy daardie glas rooiwyn of gesellige cappuccino vermy, kou hieraan om van tandvlekke ontslae t

apples

1 Appels

’n Appel per dag laat nie net die dokter wag nie; dit sal ook jou tandarts laat lag. Appels maak jou tandvleis sterk en hou jou asem vars omdat dit die afskeiding van speeksel verbeter wat die bakterieë beveg wat plaak en slegte asem kan veroorsaak.

strawberry by Manchester-Monkey

2 Aarbeie

Hulle is heerlik in slaai en op vrugte-ys, en help ook om die verkleuring op tande te verwyder. Voeg hulle by jou ontbytkos en vrugteslaai of eet hulle op hul eie vir ’n verfrissende somerlekkerny.

Public Domain Photos

3 Lemoene

’n Skoot sitrus is goed vir jou tande as jy dit af en toe eet, aangesien dit vlekke verwyder. Groot dosisse daarvan kan ongelukkig weens die suur daarin jou tandemalje verweer. Wag ten minste ’n halfuur voor jy jou tande borsel nadat jy sitrus geëet het.

Cordelia.Mclellan

4 Pere

Pere help slegte reuke en tandvlekke beveg. Soos met appels, sal die vermeerderde speeksel danksy die sappigheid van die vrug jou tande glansend laat. Speeksel bevat chemikalieë wat jou voedsel afbreek.

SidewaysSarah

5 Seldery en wortels

Dis gesonde peuselhappies wat goed is vir jou bene en oë, en ook jou tande goed sal doen. Seldery en wortels sal jou tandvleis versterk en die vermeerderde speeksel wat dit teweegbring, sal jou tande wit en jou asem vars maak.

lainBuchanan

6 Sade en neute

Sade en neute is heerlik om aan te peusel. Hulle is propvol proteïen en gesonde vette. Jou mondhigiënis sal jou ook bedank, aangesien dit plaak en vlekke van jou tande afskuur.

ecokarenlee

7 Koeksoda

’n Oulike skoonheidswenk is om ’n pasta van koeksoda vir jou tande te maak. Borsel jou tande hiermee – dis ’n sagte skuurmiddel wat plaak en oppervlakkige vlekke van jou tande afskuur. Moenie te hard borsel nie, en hou op daarmee as dit jou tandvleis irriteer.

kochtopf

8 Melk en jogurt

Suiwelprodukte is jou tande se beste vriende. Hulle bevat baie kalsium en maak dus jou tande sterk, verbeter die gehalte van jou tandemalje en maak dit witter.

naotakem

9 Water

Water is omtrent vir alles goed, insluitende jou glimlag. Drink baie water om jou mond vogtig te hou, aangesien dit ’n einde aan slegte asem sal bring. Dit spoel ook stukkies kos weg wat tussen jou tande vassit.

midiman

10 Pynappel

Brommelaïen, ’n ensiem in hierdie tropiese vrug, is ’n goeie vlekverwyderaar en breek plaak af.

-         Faiza Mallick

Fotos: Flickr – Manchester-MonkeyWolfgang LonienPublic Domain PhotosCordelia.MclellanSidewaysSarahlainBuchananecokarenleekochtopfmidimannaotakem