Hier is 10 oulike peuselhappie-idees wat jy (en jou gaste!) skuldvry kan geniet.

Keer dat jy ooreet deur een van hierdie happies in die middel van die oggend te eet en dan weer een in die middel van die middag:

  • ’n Beker nie-romerige sop.
  • Een klein ontbytstafie of saadstafie.
  • ’n Appel of peer en 6-8 amandels.
  • ’n Handvol sagte vrugte en 1-2 e natuurlike jogurt met 1-2 t sade bestrooi.
  • 1 tot 2 e maaskaas met rou groente en ’n titsel sade.
  • Ryskoekies en hummus.
  • ’n Klein suigysie van suiwer vrugte.
  • Twee blokkies donkersjokolade of ’n klein stafie natuurlike drop.
  • 1 e neute en sade.
  • Rou kraghappie: Kap enige groente wat rou gee¨et kan word in doopgrootte-stukkies. Kies uit soetrissies, seldery, wortel, murgpampoentjie, komkommer, kool en broccoli. Sit dit voor saam met ’n skep gesonde doopsoos soos hummus.

KYK HIERDIE OULIKE ONTHAAL-IDEE VIR GESONDE GROENTEPEUSELHAPPIES

OF PROBEER HIERDIE VRUGTEKELKIE IN 'N PYNAPPEL