Volgens Martin Janse van Rensburg, ’n woordvoerder vir Budget Insurance, is onderversekering ’n groot probleem vir die korttermynversekeraars in Suid-Afrika.

“Jy in onderverseker wanneer daar ’n tekort is tussen die bedrag van die dekking wat jy kies en die werklike vervangingswaarde van wat verseker is,” sê Martin.

Daar is glo ’n neiging onder Suid-Afrikaners om hul goedere te onderverseker sodat hulle op hul maandelikse versekeringspremies bespaar.

“Mense besef nie wat die gevolge van onderversekering is nie. Wanneer hulle wil eis, kom hulle eers agter hul versekering gaan nie die volle koste dek van alles wat verlore, gesteel of beskadig is nie.”

Volg dié wenke van Budget Insurance om seker te maak jy het genoeg versekeringsdekking:

  • Werk jou inventaris goedere in jou huis gereeld by – voeg nuutgekoopte items by en verwyder items waarvan jy ontslae geraak het.
  • Wanneer jy jou inventaris aanpas, moet jy seker maak jy doen ’n realistiese waardebepaling van die versekerde bates.
  • Moenie jou bates onderverseker om jou maandelikse premies te verminder nie, want jy gaan jouself so in die voet skiet – onderversekering is ’n duur fout.

- Janine Nel