[caption id="attachment_84062" align="aligncenter" width="600"]Foto: Weheartit.com / @bubblegum84 Foto: Weheartit.com / @bubblegum84[/caption]

-   As jy hou van bak en kook, kan jy ’n klein onderneming uit jou ma se kombuis begin. Bak kolwyntjies of klein souttertjies. Jy kan klein begin deur dit aan jou maats, bure, tannies en oupa en ouma te verkoop en hulle te vra om mense van jou onderneming te vertel.

-  Los werkies – laat druk kaartjies waarop jy jou dienste aanbied om met honde te stap, karre te was, gras te sny, swembaddens skoon te maak, kinders op te pas, te help met huiswerk of iets soortgelyks. Gooi dit in die bure se posbus en plak ’n paar op die supermark se kennisgewingbord. Hou by jou woord en verskaf die diens wat jy aangebied het.

-        Word ’n kelner(in) as jy oud genoeg is. Dis lang werkure; maak daarom eers seker jy kan dit en jou skoolwerk baasraak.

-        Bied ekstra klasse aan vir die bure se jonger kinders. As jy uitstekend vaar in wiskunde of biologie, hoekom nie betaal word om ander te help nie?

-        Reël ’n rommelverkoping. Gooi al jou ou klere en speelgoed uit en pak dit uit op ’n tafel voor jou huis. Jy kan geld soos bossies maak!

-        Megan Bursey