Suid-Afrikaners wat onder druk is om maniere te vind om hul geld ’n bietjie verder te rek soos wat die lewenskoste aanhou styg, behoort nie die waarde van die opstel van ’n eenvoudige begroting nie te onderskat nie – een waar spaargeld vir gebeurlikhede ingebou is – en dan daarby te hou.

Wat begrotings betref, is slegs ’n eenvoudige lys van noodsaaklike en nie-noodsaaklike uitgawes teenoor jou inkomste al wat nodig is.

Dit sal jou ’n behoorlike begrip gee van waarheen jou geld elke maand gaan.

Maar wat nou van daardie onaangename verassings?

Graham Greggs, woordvoerder van Budget Insurance, sê: “Baie mense vergeet om belangrike uitgawes in te sluit en dit kan ’n andersins goed beplande, goed deurdenkte begroting laat ontspoor.”

Lees ook: Wat jy moet weet vóór jy kredietkaartskuld aangaan

Hier volg vyf dinge wat mense soms buite rekening laat.

1. Motorinstandhouding

Jy het versigtig begroot vir jou motor se maandelikse terugbetalings, versekering en petrol. Dan gee jou tydketting/nokasband en koppelaar skielik in en daar verdwyn die vakansie waarvoor jy so getrou gespaar het.

Die beste manier om vir die instandhouding van jou motor te begroot, is om ’n motorversekerings- en/of diensplan uit te neem wat nie net meganiese gebreke sal dek nie, maar ook gereelde versienings.

2. Huislenings se rentekoersveranderings

Rentekoerse het in Januarie tot 10.25% gestyg. Hierdie verhogings het sommige huiseienaars gedwing om ’n boperk te stel op hul verbandterugbetalings en dit het voor- en nadele. Die voordele hiervan is dat, as die rentekoerse weer styg, is jou rentekoers vas.

Wat die nadele betref, is dit dat, sou dit gebeur dat die rentekoerse verlaag word, jy bes moontlik jou besluit sal berou. Wanneer jy jou eiendom koop, moet jy probeeer onderhandel oor die beste moontlike rentekoers en ’n verband-ondernemer aanstel sodat hy die aanbiedings van verskillende verskaffers kan vergelyk.

As jy reeds eiendom met ’n verband daarop besit, kan jy oorweeg om dit teen ’n laer rentekoers deur ’n ander verskaffer te herfinansier.

Lees ook: Begroot só wanneer jy noustrop trek

3. Skooluitgawes

Ouers vergeet dikwels dat, wat die skool betref, die uitgawes nie by skooluniforms, skryfbehoeftes en skoolgeld ophou nie. Verjaardaggeskenke, geldinsamelings, foto’s, kampe en ander uitstappies kan druk plaas op jou maandelikse begroting, dus is dit slim om vir hierdie soort gebeurlikhede te beplan.

4. Troeteldieruitgawes

As jou geliefde troeteldier beseer raak of siek word, kan die veeartsrekening derduisende rande beloop. Dit is raadsaam om elke maand, benewens kos, inspuitings en versorging van troeteldiere, geld opsy te sit vir veeartsenykundige noodgevalle.

5. Instandhoudingswerk aan die huis

As Murphy sy sin kan kry, sal jou geute die maand wat jy dit die minste kan bekostig, afval. Goeie roetine-onderhoud is weer eens die sleutel, maar dit is ook slim om elke maand geld opsy te sit vir gereelde onderhoudskaoste, sowel as vir onbeplande herstelwerk.

“Die heel laaste ding wat jy behoort te doen, is om ’n benadering van ‘daardie brug steek ons oor wanneer ons daar kom’ te volg.

Ons raai Suid-Afrikaners aan om eers geld vir onverwagse uitgawes eenkant te sit en dan uit te gee volgens van dit wat hulle oorhet”, sluit Craggs af.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Is hierdie ook hoe jou man reageer as jy hom saamsleep winkels toe?

Sit dit af, sit dit af . . . Só kan jy lag-lag krag én geld spaar!

As jou geld op die spel is kan jy moontlik gewig verloor

Ruim op en spaar geld