Vroue moet finansieel op hul eie bene kan staan en hiervoor het hulle al die kennis nodig wat hulle in die hande kan kry.

Volgens Kate Moodley, die skrywer van I INC; Be CEO of your Own Brand, het vroue nie genoeg selfvertroue om goeie geldbesluite te neem nie, juis omdat hulle nie genoeg weet nie.

Ons gee hier Kate se wenke om geldfiks te word:

  • Geldfikswenk #1 Koop kontant

Wanneer jy krediet- en debietkaarte gebruik, gee jy onbewustelik meer geld uit. Om R500 op ’n kaart te sit is sielkundig makliker as om vyf R100-note uit te tel. Wanneer jy met kontant koop, kan jy net gebruik wat jy beskikbaar het. Jy het ook nie nodig om rente te betaal, soos met ’n kredietkaart nie. Om met kontant te koop kan jou tot 20 persent bespaar, en help jou verantwoordelik werk met die geld in jou beursie.

  • Geldfikswenk #2 Gratis aanlyn gereedskap vir geldbestuur

Daar is ’n reeks toeganklike en gratis aanlyn hulpmiddels vir geldelike beplanning en bestuur. Dit kan jou jou geldsake help stroombelyn, en sommige is selfs pret. Staan tyd af en soek na die een wat die beste vir jou werk, en begin jou aanlyn bankrekenings bestuur en monitor.

  • Geldfikswenk #3 Kry ’n geldmaat

Kry  iemand aan wie jy jou doelwitte kan vertel. Dit sal jou verantwoordelik en op koers help hou. Wanneer jy jou doelwit hardop aan iemand bekendmaak, sal dit jou eerlik en geïnspireer daarby help hou.

  • Geldfikswenk #4 Belê in jouself

Belê in jou gesondheid en loopbaan. Gaan terug skool toe of volg ’n kuberkursus en brei jou vaardighede uit. Dit kan salarisverhogings oplewer, aangesien jou vaardighede jou ’n aantrekliker bate vir jou werkgewers kan maak. Belê ook daarin om gesond te word en gewig te verloor. Sluit aan by ’n gim, skaf apparaat aan waarmee jy tuis kan oefen of koop heilsamer kos. Om in jouself te belê is ’n bewys van jou waarde en sal ’n gelukkiger en meer gebalanseerde lewe verseker.

  • Geldfikswenk #5 Vra, vra vra! 

Diswelbekend dat vroue minder geneig is om hul geld te belê, aangesien hulle minder bekend is met die moontlikhede as die adamsgeslag. Vra jou vriende om raad; vra kollegas en familielede waarin hulle suksesvol belê het. Doen ook self navorsing. Onthou, kennis is mag.

Bron: Kate Moodley, die skrywer van I INC; Be CEO of your Own Brand

elnaDeur Elna van der Merwe – Huisgenoot & YOU se leefstyl-herskrywer en boekeredakteur