Elke week deel ons drie spaarwenke wat hopelik ‘n verskil in jul beursies sal maak!

  • Hou ‘n deursigtige (sodat jy kan sien hoe jou geld groei!) houer in die kombuis en gooi alle R5-muntstukke hierin. Jy sal verbaas wees oor hoeveel jy in ‘n jaar so kan bymekaarmaak.
  • Kry ‘n gedetailleerde bankstaat en bekyk dit met ‘n vergrootglas. Daar is dalk aftrekking waarvan jy al vergeet het, byvoorbeeld ‘n lidmaatskap van ‘n gim wat jy jare lank al nie meer besoek nie.
  • Vergroot die afbetaling op jou huisverband met R500. Al maak dit effens seer, gaan dit ‘n groot duik in jou rente maak.

- Elna van Der Merwe