Elke week deel ons drie besparingswenke wat hopelik ’n verskil aan jou beursie sal maak!

  1. Leef ekonomies. Moenie goed koop wat jy nie nodig het nie en moenie wil byhou by jou vriende of bure nie. Almal se behoeftes verskil. Leef binne jou vermoëns.
  2. Leer jou kinders van jongs af spaar. Hulle moet van die huishoudelike begroting bewus wees. Laat hulle vir hul sakgeld werk. Help hulle leer dat ’n finansiële besluit daaroor gaan om die waarde van een ding teen iets anders se waarde op te weeg en dan die een ten gunste van die ander te laat vaar.
  3. Kyk rond voor jy koop. Vergelyk pryse en voordele. Bevraagteken die waarde van alles wat jy koop. Vra jou af: Sal dit my bates aanvul of is dit net vir spog. Is dit dalk iewers anders goedkoper? Moet ook nooit bang wees om vrae te vra wanneer jy meer wil weet nie.

Bron: Suid-Afrikaanse Spaarinstituut