Kyk waar jy weggooibare items kan vervang met herbruikbares.

  • Pleks van mineraalwater in plastiekbottels koop, laat jou eie waterfiltreerder aan ’n kombuiskraan aanbring. Kry ook herbruikbare bottels vir elke lid van die gesin waarin hulle dit kan tap.
  • Gebruik handdoekpapier net om olierige kos op te dreineer. Gebruik waslappies en afdroogdoeke vir alle opvee- en afdroog-werk.
  • Maak of koop eens en vir altyd genoeg winkelsakke en hou dit in jou motor sodat jy nooit weer hoef geld uit te gee op plastieksakke nie. (En dis natuurlik goed vir die planeet as daar minder plastiek rondwaai . . .)