Wenke wat werk

  • Maak ’n vuil mikrogolfoond skoon deur ’n koppie water ’n paar minute lank daarin te kook. Die stoom sal die aanpaksels los maak en dank an jy dit met ’n skoon vadoek uitvee.
  • Kook ’n halwe suurlemoen in water in die mikrogolfoond en vee die oond dan skoon.
  • Raak van uie- en knoffelreuke in jou snybord ontslae deur die oppervlak met ’n pasta van koeksoda en water af te vee.
  •  Meng 250 ml asyn, 60 ml koeksoda, 125 ml water en 125 ml skottelgoedwasmiddel. Laat die oond warm word en skakel dit dan af. Maak die oond skoon met die mengsel en vee af met skoon, warm water.

elnaElna van der Merwe

Uit: Huisgenoot Huiswenke Wat Werk.  Bel 0860-103-686 as jy dit nie in jou supermark in die hande kry nie.