Dalk voel dit jy wil die baas uittrap en uitwys wanneer hulle verkeerd was, maar dis dalk nie die beste raad nie.

Dit lyk of almal maar swaar trek; verlede maand is ’n studie se uitslag bekendgemaak waarin die navorsers bevind het mans en vroue word verskillend in die werkplek behandel.

Die rubriekskrywer Kieran Snyder het gekyk na 248 beoordelings oor die werkplek wat 180 mense ingedien het (party het meer as een ingedien). Hy het opgemerk die verslae oor vroue was meer geneig om krities te wees. Trouens, die woord “ongeskik” het 17 keer opgeduik met verwysing na 13 vroue, maar glad nie in die besprekings oor mans nie. Boonop is kritiek oor persoonlikheid twee keer in 83 verslae oor mans genoem, maar 71 keer in 94 van die vroue s’n.

Kieran het nie besluit of dit ’n geval is dat vroue meer krities is en of dit is dat mans emosionele woorde uit hul verslae gehaal voor hulle dit ingedien het nie.

Hoe dan gemaak as jy by die werk deurloop onder neerhalende aanmerkings?

Eerstens moet jy versigtig dink oor wat gesê is. Net omdat iemand jou iets vertel het, beteken nie dis reg nie. Ons stel nie voor jy daag jou baas uit of stry oor hoe hulle jou sien nie, maar dit is oukei as jy kommentaar oor jou persoonlikheid laat begaan – solank jy besef ’n paar wenke hier en daar is regverdig.

“Het jy in ’n voorlegging aan die grootbase gefouteer? Het jy in ’n vergadering selfvertroue verloor omdat jy nie al die feite gehad het nie? Kry die besonderhede van waar jy gefouteer het en bepaal wat die kernsaak was,” het Margie Warrel van die tydskrif Forbes aan shape.com gesê.

Volgende moet jy onthou dit is nie altyd ’n persoonlike aanval nie. Dis nooit lekker wanneer jy hoor jy was voortvarend of oorweldigend nie, maar dalk raak jy ’n bietjie driftig wanneer julle iets bespreek waaroor jy passievol is.

Beskou die kommentaar in werkverband en teen die agtergrond van hoe jy op kantoor optree, pleks van ’n persoonlike aanval. Al word dit nie goed gestel nie, is die kommentaar bedoel om sake in die kantoor gladder te laat verloop; onthou dit maar so.

Is jy steeds nie seker of jy regverdig beoordeel is nie? Vra dan om met jou bestuurder te praat. Vra spesifieke voorbeelde van wat jy verkeerd gedoen het of waar jy veranderinge kan aanbring. So sal jy jou gedrag kan heroorweeg en jou baas versigtiger laat dink oor of jy werklik iets verkeerd gedoen het.

© Cover Media