Ontmoet die eenrandgesin

Hulle woon in ’n mooi huis, is suksesvol en hul kinders is gesond. Hulle geniet tyd saam met familie en vriende, ’n gemaklike leefstyl – en hulle het groot drome.

Net een probleem: die einde van die maand strek altyd ’n bietjie verder as wat hul finansies toelaat. Ma is lief vir bestee en pa hou nie altyd boek nie. Is hulle dalk in groter moeilikheid as wat hulle dink?

Om beter te verstaan waarheen al hul swaar verdiende geld elke maand verdwyn, het hulle ’n radikale besluit geneem: om hierdie Julie hul hele inkomste in R1-muntstukke te te laat uitbetaal.

Hul bankkaarte is gesluit, hul bankdienste-apps is gedeaktiveer en hulle sal gedurende Nasionale Spaarmaand net van hierdie muntstukke lewe. Skakel op Woensdag 8 Julie om 17:25 in op e.tv om die eenrandgesin te ontmoet en volg hul storie by onerandfamily.co.za.

[post-slider]

’n Sosiale eksperiment vir Nasionale Spaarmaand, aangebied deur SANLAM