Gelukkig word daar nou ’n app ontwikkel wat dalk hiermee kan help.

Google het onlangs aansoek gedoen om die patent van ’n app vir die deel van rekeninge in restaurante. Hulle noem dit Tracking and Managing Group Expenditure.

Ongelukkig klink dit ’n bietjie ingewikkeld, as ’n mens moet oordeel na ’n voorbeeld in hul patente-aansoek:

“Veronderstel Gebruikers A-C geniet drankies by die kroeg en Gebruiker B betaal die rekening van R450 vir die drankies, Gebruiker B voeg die betaling by die groep se uitgawe en ken R150 van die transaksie aan Gebruiker A toe, R200 aan Gebruiker B, R100 aan Gebruiker C. In hierdie voorbeeld sal module 308 die afsonderlike balanse van Gebruikers A-C bywerk om aan te dui dat Gebruiker B nou R150 skuld aan Gebruiker A (R130-R150) en Gebruiker C nou R100 skuld aan Gebruiker B (R0+R100).”

Stel jou voor om dit alles ná al daardie drankies in te tik. Om jou slimfoon voor mense rond te swaai sodat jy kan weet presies hoeveel hulle jou skuld (ons hou jou dop, Gebruiker B!), is miskien ook nie die beste afsluiting van ’n lekker aandjie in die kroeg nie.

Sal jy dié app aflaai om daardie ongemaklike verdeling van die rekening te vermy?  Of sal jy liewer dinge op die (ook ongemaklike) outydse manier doen? Lewer hieronder kommentaar.

-Kirstin Buick (@KirstiBuick)