Baie Suid-Afrikaners verkies om in ’n veiligheidskompleks te woon met die hoop dat hulle en hul gesin veiliger sal wees. Maar is dit werklik die geval?

Volgens onlangse navorsing van die veiligheidsmaatskappy ADT gebruik misdadigers ’n aantal tegnieke om toegang tot komplekse te kry.

“ ’n Inwoner se ‘vriend’ kry die hek se kode sodat hulle na hartelus by die kompleks kan in- en uitgaan. Inwoners lok ook misdadigers wanneer hulle wanneer hulle ’n syhek met ’n baksteen oophou wanneer die interkom stukkend is en hulle gaste verwag,” sê Budget se woordvoerder, Martin Janse van Rensburg.

Hy noem ook dat inbrekers relatief maklik toegang tot ’n kompleks kan kry, want daar is dikwels geen beheer oor die in- en uitkom van vreemdelinge nie.

“Mense is minder versigtig wanneer hulle ’n kompleks binnekom en verlaat en ry weg voor hulle seker maak die hek agter hulle is reg toe. Dit is ’n goue geleentheid vir misdadigers om ongemerk in te glip.”

Hiermee in gedagte kan niemand nonchalant oor veiligheid wees nie. Dit beteken jy moet ten alle tye bedag wees en basiese veiligheidstaktieke en -beginsels toepas.

Budget Insurance bied belangrike wenke oor hoe om jou huis te beveilig:

  • Maak seker jy tref goeie veiligheidsmaatreëls, insluitend diefwering, veiligheidsdeure en elektriese heinings.

  • Moet nooit ’n besoeker inlaat nie tensy jy weet presies wie dit is.

  • Moet nooit toelaat dat voertuie jou deur ’n hek volg nie.

  • Moenie jou deure en vensters oop los net omdat jy in ’n kompleks woon nie.

  • Wees uiters waaksaam wanneer jy die kompleks binnekom of verlaat. Wag tot die hek toe is voor jy wegry.

  • Alle veiligheidskodes moet as vertroulik behandel word.

  • Hou altyd jou afstandsbeheer op ’n veilige plek.

  • Onthou, misdadigers hou van maklike teikens. Daar wag dalk iemand by die hek om jou te kaap of glip saam met jou in terwyl jy nie oplet nie. Sodra hulle toegang tot die kompleks het, kan misdadigers maklik van een eenheid na die ander beweeg.

  • Installeer elektriese heinings; die omheining en die raam wat die drade dra, moet weg van die beskermde gebied wys. Indien nie, kan inbrekers ’n dik kombers oor die drade gooi en oorklouter.

“Misdaad in komplekse kan ook met outydse buurmanskap beveg word waar almal in die kompleks vir mekaar ’n ogie hou. Omdat almal so na aan mekaar woon, kan hulle so ’n sin vir gemeenskap rakende veiligheid bou,” sê Martin.