FotorCreated-ATM-

Die kubersekuriteitskenner was met vakansie in Wenen, Oostenryk toe hy geld by ’n OTM trek. Maar met dié dat hy erg waaksaam is oor sekuriteit het hy besluit om “soos altyd” die kaartleser met sy hand te toets soos hy al “honderde kere tevore” gedoen het.

“My veiligheidsbewustheid het vandag vrugte afgewerp,” het hy in ’n bloginskrywing gesê by ’n video wat hy van die voorval gemaak het.

Lees ook: Rowers blaas OTM op – kyk video

Met net ’n ligte plukkie aan die kaartleser is sy vermoede bevestig: ’n Toestel was aan die kaartleser geheg. Die sekuriteit het dit as ’n OTM-toestel geïdentifiseer waarmee kaartinligting gekloon en gesteel word, ’n presiese model van die ware kaartleser wat ontwerp is om die gebruiker se kredietkaartinligting te steel.

Benjamin sê die toestel wat hy gevind het, is gemaak van ’n magnetiese strook, battery, “een of ander skakelaar” en ’n beheerbord met die viersyferpin-verbinder.

“Ek het die polisie in Wenen daarvan ingelig omdat ek nie tydens die voorval toegang tot ’n internasionale foon gehad het om dit aan te meld nie,” skryf hy. YouTube.

Die video het sedertdien soos veldbrand versprei en het reeds meer as drie miljoen trefslae gekry.

Kyk na die video onder – ’n herinnering om altyd waaksaam te wees as jy ’n OTM gebruik, of dit by gewilde toeristebestemmings is of elders.

Bronne: youtube.com, carbonblack.com