Emily Fletcher, stigter van Ziva Meditation, wat ook die eerste aanlyn meditasieopleiding genaamd zivaMIND begin het, volgens Mind Body Green gesê: “Ons kry nie wat ons wil hê nie; ons kry waaroor ons onderhandel.

As jy jou baas se kantoor binnestap met die ingesteldheid dat jy waardevol is, gaan jy heelwaarskynlik baie beter resultate kry as wanneer jy instap met die idee dat jy nie goed genoeg is nie.

Mense reageer op nieverbale aanduidings.

As jy dus kalm kan wees en selfvertroue uitstraal, sal jy ’n aansienlik beter interaksie bewerkstellig – selfs nog voor jy jou mond oopmaak.”

Sy stel voor sodra jy jou ingesteldheid reg het, moet jy die situasie beskou as ’n gesprek, eerder as ’n versoek.

Lees ook: Vyf dinge waarvoor mense nie begroot nie omdat hulle vergeet

Pleks van wag vir ’n ja of nee van jou baas, moet jy die tyd gebruik om jou vaardighede en die manier waarop jy voel jy beloon behoort te word te bespreek.

“As jy ’n negatiewe reaksie kry, gebruik die kans om te onderhandel en jouself aan te prys,” beveel Emily aan.

Dit is ook ’n goeie idee om die gesprek eers te oefen met iemand wat maak of hulle jou werkgewer is.

Die mens moet van jou verskil en nie skroom om kommentaar te lewer nie, want sodoende kan jy voorbereid wees op die ergste.

Julle kan dit selfs ’n paar keer oefen sodat jy gekonfyt kan wees, doeltreffend met jou baas kan kommunikeer en jou doelwit bereik.

Lees ook: Sit dit af, sit dit af . . . Só kan jy lag-lag krag én geld spaar!

Emily beklemtoon ook jy moet jouself oopstel vir wat ook al aangebied word.

As jy ’n vooropgestelde idee of vaste bedrag in jou gedagtes het, sal die baas dit gedurende die gesprek agterkom.

Hoe minder jy bereid is om bes te gee, hoe minder empatie sal hy met jou behoeftes hê. Bowenal moet jy mik vir ’n positiewe uitkoms, dan kry jy dalk meer as dit waarop jy gereken het.

Laastens merk Emily op dat jy nie moet toelaat dat vrees jou terughou nie.

“Sodra jy besef hoeveel jou idee van hoeveel jy wil verdien die werklike bedrag beïnvloed, sal jy die situasie met meer selfvertroue en ’n sin van selfwaarde benader en dit sal tot ’n beter uitkoms lei.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!

Kyk: Dis hoekom jy Wagter liefs nie ’n drukkie moet gee nie!