Slimfoon

Misdadigers kan slimfone se satellietnavigasiestelsel, Wi-Fi-verbindings en mobiele verbindings gebruik om uit te vind waar jy is.

Net soos wanneer ’n mens die internet van die huis af gebruik, moet slimfoongebruikers ook seker maak hulle verskaf gebruikersname en wagwoorde net op webtuistes met https-beveiliging, maan kenners. Behalwe met die Windows Phone, kan die meeste e-posprogramme met die S/MIME-standaard gekodeer (encrypt) word.

Alle werkingstelsels kan gebruik maak van apps wat die PGP-pos-enkripsiestelsel gebruik. Enkripsie is die belangrikste wanneer jy ’n Wi-Fi-netwerk gebruik, waar dit die maklikste is om by ander se stelsels in breek.

Wees versigtig om foto’s, dokumente, toestel-rugsteune en sensitiewe data op cloud-bedieners te laai, sê kenners.

Wat jy ook al doen, probeer die ingewikkeldste wagwoord moontlik skep, miskien met die gebruik van apps soos KeePass of LasPass. Onthou net: As jy so ’n diens gebruik om kodes oor ’n verskeidenheid toestelle en soekstasies te sinchroniseer, beteken dit die sagtewarediens het toegang tot daardie sensitiewe data. – Sapa